JOU DAG

Vandag se positiewe sterre bevoordeel liefhê en leer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is kreatief en verbeeldingryk. Waag in die volgende 12 maande berekende kanse by die werk. Wie waag, die wen!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel vandag fisiek rusteloos, geestelik nuuskierig en emosioneel opgewonde. Jy is gereed vir aksie en avontuur, maar moenie oorhaastig tot gevolgtrekkings kom en ondeurdagte afleidings maak nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die gesin kom vandag eerste by Villa Bul. Jou huidige motto kom van die Dalai Lama, wat op 6 Julie verjaar: “’n Liefdevolle atmosfeer tuis is die grondslag van jou lewe.”

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Mercurius en Venus skyn ’n lig op slim en kreatiewe kommunikasie terwyl jy dit geniet om met ander kontak te maak. Moenie impulsief iets spandabels aanlyn koop wat jy later kan berou nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Wees gedissiplineerd en versorg jou liggaam met goeie kos en verfrissende oefening terwyl Saturnus jou welsynsone stimuleer. Dinge verander vinnig wat werk betref.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Is jy agter wat gehaltetyd saam met ’n kind, tiener of intieme vriend/in betref? Maak seker jy respekteer hul individualiteit en begryp hul uitgangspunte verskil heelwat van joune.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die sterre stuur vandag ’n gelukkige geleentheid of sakemoontlikheid in jou rigting, maar dit gaan nie pasella wees nie. Jy moet gefokus genoeg wees om dit raak te sien en gedissiplineerd genoeg om tot produktiewe aksie oor te gaan.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Venus en Mercurius beloof vandag liefde, romanse, vriendskap en prettige tye aan gelukkige Weegskale. Dit is ook ’n uitstekende tyd om met kollegas te sosialiseer terwyl jy besigheid met heelwat plesier meng.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie waardevolle tyd mors deur jou oor geld te bekommer nie. Die kombinasie van ’n skerp sakesin en intuïsie sal jou in die regte rigting lei. Werk ook daaraan om jou basiese gevoel van eiewaarde op te bou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag se sterre bevoordeel studie en reis terwyl jou nuuskierigheid jou op ’n splinternuwe avontuur laat afstuur. Is die verhouding met ’n geliefde wankelrig? Takt sal die deurslag gee.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dit is ’n wonderlike dag vir werkaangeleenthede terwyl jy sjarme en vermetelheid gebruik om te kry wat jy wil hê – op die genotvolste manier. Staan tyd af vir ’n intieme verhouding.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Uitgeslape Waterdraer, neem kreatiewe konsepte en verander hulle in praktiese projekte. Moet egter nie aanneem jy weet wat ander dink nie. Vra toepaslike vrae en luister aandagtig.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Visse kan leef in ’n fantasiewêreld waar wonderlike idees nooit die daglig sien nie. Vandag moedig Saturnus jou aan om jou abstrakte strewes te omvorm tot soliede werklikheid, veral by die werk. 

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.