aries-hg-w

JOU DAG

Baie mense gaan vandag ongeduldig en rusteloos wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vanjaar is die jaar om deeglik te kyk na jou sterk en swak punte, terwyl jy jou deur jou intuïsie in die regte rigting laat lei. Oktober en November is die volmaakte maande vir liefde.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou vurige geesdrif is aansteeklik. Jy inspireer ander mense om hul drome te volg en die lewe ten volle te geniet. Jy voel egter ook ’n bietjie van jou wysie af. Kalmeer, anders kan jy dalk jou rieme styfloop.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe meer hardkoppig en militaristies jy raak, hoe meer uitdagend gaan die dag wees. As jy ’n buigsame Bul is en jou intuïsie volg, gaan jy ’n opwindende en aangenaam verrassende dag beleef.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie toelaat dat vals vriende jou op die breë weg na moeilikheid lei nie. Onthou net ’n fyn onderskeid moet getref word tussen spontane kaskenades en chaos. Dink voor jy vandag iets doen.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die planete gooi vir jou ’n draaibal, maar om hom te vang, is nie vir jou ’n probleem nie. Werkskwessies is in ’n vloeiende toestand; bly dus op jou tone. Soek jy werk? ’n Betrekking wag vir jou waar jy dit die minste verwag.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy voel roekeloos. Trap rem en koel ’n bietjie af, anders is ’n kopseer, rusie of ongeluk jou voorland. Blaas eerder effens stoom af met een of ander soort oefening.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat finansiële sake betref, kan jy die onverwagte te wagte wees. Jou intuïsie is aan die brand, maak dus seker jy gebruik dit. En skenk aandag aan jou drome. Dalk sê dit vir jou iets.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Daar kan ’n groot gaping wees tussen dit wat jy wil hê en dit wat geliefdes verwag. Praat dinge uit. As jy aannames maak sonder om die feite na te gaan, sal jy in die pekel beland.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Intieme verhoudings neem baie van jou tyd en energie op. Hou die kommunikasiekanale oop, veral met kollegas. Maak seker jy leef in die hede.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is in ’n bui om alles te oordoen. Jy ry te vinnig, praat te hard en gebruik te veel tyd om meer te belowe as wat jy kan lewer. Raak rustig, anders gaan almal teleurgestel word.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Gesinslede of professionele kollegas gaan vandag onvoorspelbaar wees. Hou jou aanpasbaarheidspiere goed opgewarm. Dit is die volmaakte tyd om jou gewone werk- of huisroetine ’n bietjie aan te wakker.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou oorhaastige Waterdraer-streep kan jou vandag in die moeilikheid laat beland – persoonlik, of aanlyn – terwyl jy verwagtings aanwakker of rebelleer teen die huidige stand van sake. Jy is altyd ’n tree voor die res.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy gaan nie vandag besonder prakties voel nie. Ontsnap gerus na ’n wonderlike fantasiewêreld, maar maak seker jy kan terugkeer na die werklikheid wanneer dit nodig is. Veral by die werk.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017