Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Span vandag jou energie op positiewe maniere in.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie tyd mors deur aan die toekoms te dink nie. Jou motto vir die volgende 12 maande is die Amerikaanse aktrise Sally Field, wat vandag verjaar, se woorde: “Jy moet hier wees, jy moet nou wees, jy moet in die oomblik wees.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Gryp die geleentheid aan om jou energie op positiewe maniere te gebruik. Jy is nie net baasspelerig en ongeduldig nie – jy is ook dapper en inspirerend. Jy is ooko nie net dominerend nie – jy is ook dinamies!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die sterre bied ’n gulde geleentheid om ’n morsige verhoudingsprobleem op te los wat jou al geruime tyd pla. Sê wat jy dink en suiwer die lug – dan kan jy vorentoe kyk.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n wonderlike dag om deur opgehoopte roetinetake by die werk te kom. As jy die wanorde opruim, vinnig die papierwerk afhandel en ’n nuwe begin maak, sal jy vars en verkwik voel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

’n Verhouding met ’n gewaardeerde geliefde verdiep en word meer intens. Jy vermy oppervlakkige onderwerpe en praat oor belangrike sake waaroor jy baie dink.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Daar is verandering in die lug! Jy het vandag die energie en aantrekkingskrag om probleme met ander uit te klaar of ’n huishoudelike situasie wat jou onderkry op te los. Doen dit, Leeu!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Vandag is die omstandighede gunstig vir alle soorte studie en navorsing. Jy delf onder die oppervlak om uit te vind wat werklik aan die gang is. Maak deeglik seker van die feite voor jy iets aanlyn pos.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Baie Weegskale is omgeef deur intrige en geheime kom uit. Maak seker jy hanteer enige nuwe inligting so subtiel en diskreet moontlik.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jou sjarme en kommunikasievaardighede sal vandag op hul beste wees met die son en Pluto wat jou selfvertroue ’n ekstra hupstoot gee. Gebruik dit as ’n geleentheid om ander se lewe te verander.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie die positiewe uitwerking onderskat wat ’n invloedryke vriend op jou loopbaan kan hê nie. Hoe meer jy jou talente bemark – in persoon en aanlyn – hoe meer suksesvol sal jy wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Gebruik jou mag op positiewe maniere terwyl jy netwerk en ander oorhaal. As jy met mense wat soos jy dink ’n verbintenis vorm en strategiese ondernemings saam aanpak, sal dit vir almal ’n wen-wen-situasie wees.

WATERDRAER 21 Jan.-10 Feb.

Gebruik jou verbeelding en intuïsie. Jy het baie kreatiewe inspirasie, maar moenie dat iemand jou op ’n dwaalspoor bring nie. As jy na jou binnestemmetjie luister, sal jy weet wat om volgende te doen.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis tyd om jou persoonlike planne in lyn te kry met die planne van ’n groep, klub of organsisasie waarby jy betrokke is. Dan kan julle jul talente saamspan en sukses behaal.