.

JOU DAG

Die nuwemaan bring die geleentheid om ’n nuwe blaadjie om te slaan en weer van voor af te begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is sensitief en verbeeldingryk. Jy moet in 2016 weer oor jou doelwitte vir die toekoms besin. Maar moenie vergeet om te ontspan en ’n bietjie pret langs die pad te hê nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Is jy spandabelrig? Met die nuwemaan wat jou geld stimuleer, is jy in die luim vir ’n spontane inkopietog. Onthou net, Ramme, om die geldwedloop te wen moet jy spoed verminder en dinge stadig vat.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is die volmaakte tyd om jou voorkoms op te knap, asook om jou persoonlike planne vir die volgende 12 maande te hersien. Met die nuwemaan wat jou ’n welkome hupstoot gee, is Bulle gereed vir enigiets!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kom met vindingryke maniere vorendag om tuis en by die werk kreatief te wees terwyl jy wegraak in heerlike dagdromery. Jou intuïsie is vandag vurig, dus moet jy seker maak dat jy jou veelsydige kreatiwiteit goed gebruik.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe kan vandag ’n bietjie senuagtige spanning en veranderlike emosies ervaar. Jou lewe is nou deurmekaar, maar as jy jou instel om stilte binne jouself te soek, sal jy kalmer, rustiger en veiliger voel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die wêreld is propvol gelukkige loopbaangeleenthede vir honger Leeus. Die vraag is: Is jy honger genoeg? Met die nuwemaan wat die kollig plaas op jou professionele sone, is dit nou die tyd om in te spring!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Langafstandreise is oor die volgende 12 maande baie waarskynlik terwyl die nuwemaan jou avontuursone aktiveer. As jy jou internasionale kontakte mooi behandel, is daar eindelose moontlikhede.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is kreatiewe skepsels, maar soms word hulle aandag afgelei op die pad na sukses. Die nuwemaan moedig jou aan om meer prakties te wees terwyl jy jou drome verwesenlik.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan help jou om met ’n nuwe perspektief na verhoudings te kyk. En is daar ou gewoontes waarvan jy moet ontslae raak, of ou gelowe waarvan jy moet vergeet? Hou op hardkoppig wees, Skerpioen, en laat vaar sommige dinge!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die nuwemaan verhoog jou geesdrif vir ’n nuwe sportsoort of oefenroetine wat jy met jou vriende kan deel. Miskien is dit tyd vir Boogskutters om valskermspring, buikdans, salsa of ’n Zumba-klas te probeer?

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mik daarna om die balans tussen werk en plesier reg te kry en moenie toelaat dat jou twyfel jou terughou nie. Jy kan ook ’n vriendskapsherlewing skep met ’n geliefde, kind, tiener of intieme vriend.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy kan dalk ’n familielid in ’n fassinerende nuwe lig begin sien. Is dit nie tyd om van ou griewe ontslae te raak deur weer brûe te bou met geliefdes en dit wat in die verlede gebeur het, daar te los nie?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die nuwemaan verlig jou reis- en studiesone. Maar met Mercurius in trurat is dit ’n goeie tyd om ’n reis te beplan of geskrewe werk weer ’n slag te hersien, eerder as om ’n splinternuwe projek aan te pak.