Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre moedig oplettendheid en verantwoordelikheid aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2017 moet jy jou prioriteite agtermekaarkry en dinge doen wat vir jou reg voel. Junie en Julie is fantasties vir liefde en volop romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Baie Ramme gaan in die kollig gedruk word; maak seker jy is voorbereid. Selfversekering is jou geheime wapen. As jy nie in jouself glo nie, waarom sal enigiemand anders?

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n goeie dag om by vriende te wees en aan groepsaktiwiteite deel te neem terwyl julle gesellig verkeer, rondgaan en netwerk dat die biesies bewe. Enkellopendes – julle kan aansluiting vind by iemand wat aan die werk verbonde is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit is vandag belangrik om sterk bande te smee met ander terwyl jy rondgaan en gesellig verkeer. As jy jou oor iets bekommer, bespreek dit met ’n intieme vriend/in. Duidelike kommunikasie is die antwoord.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou daaglikse roetine kan tans ietwat morsig en ongeorganiseerd wees. Moenie stres nie; as jy prioritiseer en jou kalmte behou, sal jy sommer gou die moetdoen-lysie deurwerk.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

’n Situasie waarby ’n kind, tiener, ouer of vriend/in betrokke is, verg ekstra geduld en takt. Haal jou baasspeelkeps af en skuif eerder jou nederigheidshoed op jou kop.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Familie en vriende is vandag in die kollig. Jy voel optimisties oor die toekoms, maar moenie sukses bederf deur geliefdes te kritiseer nie. Hou die geselskap lig en sonder omstredenheid.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy is gretig om jou idees aan die wêreld oor te dra, maar wees versigtig dat jy nie in jou haas die eintlike bedoeling deurmekaarkrap nie. Wees ook ekstra versigtig wanneer jy boodskappe in die sosiale media plaas.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Betrekkings met ’n kind behoort vandag glad te verloop. Maak seker jy kommunikeer goed met jouself. Moenie toelaat dat negatiewe selfpraatjies en kritiek jou selfvertroue knou nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mercurius beweeg agteruit deur jou teken; wees ekstra versigtig wanneer jy reis. Misverstande, verwarrings, onderbrekings of vertragings is andersins moontlik.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie eng dink wat jou professionele ambisies betref nie. Jupiter beweeg deur jou loopbaansone; maak die werkdoelwitte en -verwagtinge so groot en mooi moontlik.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Sake-aangeleenthede is vandag in die kollig terwyl jy jou professionele netwerk uitbrei sodat dit gerespekteerde mense insluit wat vooruitgang maak. Onthou: Jupiter is in trurat; moenie oorhaastig wees nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer goed voel oor die lewe, liefde en heelal. Jou opregte belangstelling in ander trek mense na jou toe aan. ’n Gevoel van sekuriteit is die sleutel tot die aantrekking van oorvloed; vertroetel jouself op genotvolle maniere.

© Joanne Madeline Moore