JOU DAG

Verwag dat sommige mense vandag emosioneel teruggetrokke gaan wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is iemand wat dinge stil-stil bereik, maar sukkel met te veel bekommernis en stres. 2016 is die jaar om ’n bietjie minder te werk en meer te speel.

RAM 21 Maart – 20 April

Die sterre begunstig jou bande met ander, veral wat werkprojekte betref. Moet egter nie te reguit wees en presies sê wat jy dink nie. Maak tyd om dinge te deurdink.

BUL 21 April – 21 Mei

Verwag frustrasie wat gesamentlike hulpbronne of ’n finansiële situasie betref noudat die werklikheid jou soos ’n vuishou in die maag kan tref. Saturnus noop jou om die huidige situasie versigtig te oorweeg.

TWEELING 22 Mei – 21 Junie

Jy het ’n sterk begeerte om vandag oor jou ingewikkelde emosies te praat, maar kan enigeen uitmaak wat jy sê? Neem jou tyd, want jou gevoelens is in ’n warboel.

KREEF 22 Junie – 23 Julie

Saturnus beweeg deur jou werksone en die fokus val op beroepskwessies en jy wat jou idees oordra. Wees taktvol; ’n kollega hou dalk nie van wat jy sê nie.

LEEU 24 Julie – 23 Aug

Is jy doodverveeld met jou huidige huisomstandighede? Het jou huislewe te onbuigsaam en te veel van ’n roetine geword? Mars beweeg deur die Leeu-teken, so maak reg vir verandering.

MAAGD 24 Aug - 23 Sep

Talle Maagde voel oorval met ekstra familieverantwoordelikhede noudat Saturnus deur jou huishoudelike sone beweeg. As jy dinge rustig vat, sal jy die take een-een kan baasraak.

WEEGSKAAL 24 Sep – 23 Okt

Die son skyn in jou kreatiwiteitsone, so dis tyd om jouself uit te druk. Maak seker jy sê presies wat jy bedoel wanneer jy met ander kommunikeer, maak nie saak of dit verbaal of op sosiale media is nie.

SKERPIOEN 24 Okt – 22 Nov

As jy ’n belangrike finansiële besluit moet neem, sal ’n kombinasie van logika en intuïsie jou die beste moontlikheid help kies. Daar is gaan plaasvervanger vir deeglike navorsing nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov – 21 Des

Jy is gretig om jou idees oor te dra, maar op ’n stiller, meer persoonliker wyse as gewoonlik. Aktiwiteite soos om in ’n dagboek te skryf, waar jy neerskryf waaraan jy dink, is geskik hiervoor.

STEENBOK 22 Des – 20 Jan

Streef daarna om die balans te vind tussen aktief en nuttig wees in jou openbare lewe en stil gehaltetyd met geliefdes en op jou eie. Alleentyd is op die oomblik vir jou sielskos.

WATERDRAER 21 Jan – 19 Feb

Moenie dinge bloot aanvaar nie – veral nie by die werk nie. Kyk onder die oppervlak om uit te pluis wat werklik aangaan. Nader mense reguit en laat jou intuïsie jou lei.

VISSE 20 Feb – 20 Maart

Neem die tyd om te onderskei tussen die dinge wat jy wil hê en dit wat jy regtig nodig het. In die huidige ekonomiese klimaat is daar geen ruimte vir Visse om onverskillig met kontant en krediet om te gaan nie.