Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Stel vas wat agter ’n geheim of raaisel is wat jou pla.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het heelwat privaatheid nodig. Maak die komende 12 maande seker jy gee uitdrukking aan jou kreatiewe sy. Jy het verskeie talente om aan die wêreld te bied.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Persoonlike en werkverhoudings gaan vandag verwarrend wees en jy kan dit moeilik vind om feite en fiksie van mekaar kan onderskei. Soek ’n wyse vriend of mentor op en kry oordeelkundige raad en wyse woorde.

BUL, 21Apr.-21 Mei

Wat ’n kind, tiener of vriend betref: Hulle vertel jou moontlik nie 100 persent die waarheid nie. As jy egter slim is, sal jy hul woorde noukeurig ontsyfer ten einde uit te vind wat werklik aan die gang is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Konflik kan ontstaan tussen jou verantwoordelikheid teenoor jou werk en dié van jou verhouding. As jy georganiseerd en gedissiplineerd is – nou nie juis jou sterk punte nie – sal jy in staat wees om albei verantwoordelikhede goed te balanseer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hou op uitstel. Dis tyd om jou strategie ten opsigte van sosiale media aan die gang te sit. Dit gaan op die oomblik nie oor wat jy weet nie, maar wel oor wie jy ken. Beweeg in die regte kringe.

LEEU,24 Jul.-23 Aug.

Trotse Leeus is gek oor vleiery. Moet egter nie toelaat dat iemand jou met mooipraatjies oorreed om iets te doen wat jy nie wil nie – veral wat geld betref. Haal jou rooskleurige bril af en kyk die feite in die oë.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan vandag kommunikasieprobleme verwag as jy jouself nie behoorlik uitdruk nie, want ander mense kan jou planne misverstaan. Jy sal hulle op ’n geduldige en praktiese wyse stap-vir-stap deur jou idees moet neem.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Intriges en geheime is oral rondom jou, maar jy moet versigtig wees ten opsigte van die mens met wie jy die openbarings deel. Geleenthede sal wel opduik om ander mense oor jou toekomsplanne in te lig, maar kies jou vertrouelinge haarfyn.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene is die superspeurhonde van die diereriem en jy is vandag gretig om onder die oppervlak te grawe en uit te vind wat presies aangaan. Kies die mens versigtig met wie jy hierdie sensitiewe inligting deel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mars beweeg tans deur jou teken, dus is jou energievlakke hoog – en jou geduldvlakke laag. As jy vandag foute maak, gaan jy net in ’n gemors beland. Markeer jou pas.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Lyk die gaping tussen jou drome en jou daaglikse werklikheid ongelooflik groot? Agter die skerms word vordering gemaak, dus moet jy ’n supergeduldige Steenbok wees.

WATERDRAER, 21 Jan.19 Feb.

Beweeg vandag stadig en versigtig vorentoe, veral wat geldsake betref. Ruim hope tyd in om take te voltooi, aangesien oponthoude of verwarring langs die pad kan opduik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer vandag eerlik, bondig en op die man af wees in jou kommunikasie met ander mense, anders gaan jy bloot die mense rondom jou verwar met jou langdradige getier of verwarrende boodskappe.