JOU DAG

Soos die dag vorder, raak dinge meer stabiel en seker.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n magnetiese persoonlikheid wat ander na jou aantrek. Januarie en Junie volgende jaar is die beste maande vir verlief raak, om ’n huweliksaanbod te doen, te trou of jou troubeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Bekommer jy jou oor ’n kwessie rakende jou werk of opleiding? Moenie kortsigtig wees en impulsiewe skuiwe maak nie. ’n Kalm, oorwoë benadering – met die oog op die toekoms – is die slim manier van doen.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Put die meeste uit die dag deur versigtige beplanning en deeglike navorsing. Gesamentlike ondernemings en groepsprojekte word veral bevoordeel terwyl julle kreatiewe talente kombineer tot almal se voordeel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n wonderlike dag om ’n romantiese of sakevennootskap te koester. Venus moedig jou aan om meer beraadslagend te wees, terwyl Saturnus by jou aandring om jou verantwoordelikhede ten opsigte van ’n verhouding met ’n glimlag na te kom.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy moet, namate die dag vorder, die bekommernisse van die wêreld afskud en daarop fokus om gehaltetyd saam met iemand spesiaals deur te bring. Of geniet kreatiewe alleendinge, soos kook, handwerk doen, verf of musiek speel.

LEEU, 24 Jul.- 23 Aug.

Kry werkprobleme of verhoudingsuitdagings jou onder? Hoe meer jy teëpraat, hoe meer sal probleme aanhou. Die boodskap vir slim Katte? Swem saam met die stroom en leer om te laat gaan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius moedig alle vorme van kommunikasie aan, in die vlees en aanlyn, plus goeie outydse gesprekke van aangesig tot aangesig. En maak seker jy luister werklik na dit wat ’n geliefde te sê het.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Moet jou nie haas nie, Weegskaal! Hoe meer kreatief jy is – veral by die werk – hoe beter sal die dag wees. Bring vanaand gehaltetyd saam met jou geliefdes deur aangesien die Maan deur jou gesinsone beweeg.

SKERPIOEN, Oct 24-Nov 22

Jy het geldsake op die brein. Jy moet egter meer doen as net dink oor jou finansiële situasie. Jou topprioriteit is om jou begroting te laat klop terwyl jy daarna streef om minder uit te gee en meer te spaar.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Baie haastige Boogskutters het van nature ’n oppervlakkige begrip van ’n verskeidenheid onderwerpe. Maar namate die dag vorder, moet jy daarna streef om die pas te markeer en kwessies met meer fokus en diepte te ondersoek.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag dinge op sigwaarde aanvaar nie, Steenbok. Die Maan beweeg jou teken binne; dus moet jy goed oplet na fyn besonderhede. Doen jou huiswerk en ondersoek die feite voor jy jou tot iets verbind.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Weerstaan die drang om te veel in die wêreld van rasionele logika te leef of om jou te laat omhaal deur wat ’n vriend(in) of kollega dink. Jy sal jou pad vind as jy jou gevoelens volg en jou intuïsie vertrou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Werkprojekte is vandag in die kollig, terwyl jy maksimale pogings aanwend om goeie resultate te kry. Wat ’n toevallige kennis betref, gaan daar baie aan onder die oppervlak.

© Joanne Madeline Moore