JOU DAG

Werk vandag hard aan iets wat jy geniet.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor om individuele, kreatiewe projekte aan te pak. 2016 is die jaar dat jy gereelde ontspanning in jou besige program moet inbring, anders gaan jy aan uitputting ly.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag dinge op sigwaarde aanvaar nie, Ram – kyk ’n bietjie dieper. As jy jou instel op wat mense agter die skerms doen, kan jy dalk boeiende inligting blootlê.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Ander mense gaan fyn oplet wat jy vandag sê, Bul, terwyl jy die fyn onderskeid tussen doelmatigheid en kreatiwiteit volg. Ruim ook tyd in om jouself te bederf en te vertroetel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dit is ’n wonderlike dag om projekte aan te pak wat kommunikasie en kreatiwiteit verg. Maar moenie meer belowe as wat jy werklik kan lewer nie. Selfvertroue en konsentrasie is die sleutels tot sukses.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy het groot planne, maar moenie meer afbyt as wat jy kan kou nie, Kreef. Met Saturnus wat deur jou werksone drentel, moet jy seker maak dat jy jou nie haas nie en hou jou pas dop.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy het die mag, Leeu! Mercurius en Venus belig albei jou sjarmesone; dus moet jy jou oorredingsvermoë gebruik om ander te help en om jou belangrikste verhoudings te verbeter.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat vennootskappe betref, streef daarna om kreatief op te tree en meer intuïtief te dink. As ? kind, intieme vriend(in) of kollega gespanne voel, spring in en help hulle op bedagsame maniere.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Wat ? probleem met ? familielid betref, moet jy probeer om met die persoon op emosionele vlak te skakel. Hoe verder jy in hul skoene loop, hoe beter sal jy hul huidige situasie verstaan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Pla ? familiekwessie jou? Slaan ag daarop, Skerpioen. Jy het meer ondersteuning om jou as wat jy besef. Mense is gewillig om te help . . . al wat jy moet doen, is om jou trots te sluk en te vra.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Verwag ? intense dag – veral wat geldsake betref – soos wat jy deurdring tot die kern van iets wat jy voorheen misgekyk het. Jy is vol skeppende idees, maar moenie belangrike besonderhede miskyk nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As die maan in die Steenbok is, spring jou perfeksionistiese streep in die hoogste rat, en dis moeilik vir jou – of enigiemand anders – om dinge “behoorlik” te doen. Onthou net dat volmaaktheid net ’n illusie is.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is haastig om dinge aan die rol te kry by die werk, die skool of universiteit. Omstandighede is egter vinnig besig om te verander; dus moet jy jou nie verbind voor jy nie nog inligting beskikbaar het nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat werk betref, kan dit lyk asof dinge agteruitgaan, maar jy moet net geduldig wees. Gebruik intussen energie vir netwerkbedrywighede en vir die uitbreiding van jou professionele skakels.