Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Jy kan ’n spanningsvolle en ietwat verwarrende dag verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is energiek. Met Saturnus wat deur die Boogskutterteken beweeg, is 2016 die jaar waarin jy persoonlik meer gedissiplineer en professioneel meer ambisieus moet wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is lus om te speel en pret te hê, maar kan baie eise van jou werk en/of gesin verwag. Jy sal besig en aktief wees en sekerlik nie tyd hê om verveeld te wees nie!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Daar kan krapperigheid met ’n kind, tiener of vriend wees. Die omstandighede is gunstig vir vriendskappe solank jy bereid is om ’n wye verskeidenheid sienings te aanvaar.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is lus vir klets met Mercurius en Jupiter wat jou kommunikasiegawe stimuleer. Jy wil graag die nuutste nuus in die buurt hoor, maar moenie meegevoer word en onfatsoenlike skinderstories versprei nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vriendskap en netwerk is belangrik en jy kuier saam met plaaslike vriende en kom op hoogte van wat in jou internasionale konneksies se lewe gebeur. Wees versigtig om nie onbedoeld ’n geheim uit te lap nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is geneig om te veel geld uit te gee of is eenvoudig roekeloos met geld. Sê jou kop vir jou een ding en jou hart iets anders oor ’n naby verhouding?

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy kan vandag baie vermag, maar moenie verwag dat dit georganiseerd en logies gedoen sal word nie. Daar kan op die nippertjie veranderings en opwindende flitse van inspirasie wees.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

’n Hegte verhouding neem baie van jou tyd en energie in beslag en jy doen alles in jou vermoë om iets wat verkeerd verstaan word reg te stel. Dit behoort alles teen middagete uitgesorteer te wees!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Vandag moet jy minder koppig en baie meer spontaan wees. ’n Bietjie aksie sal jou veel verder bring as lang oorpeinsing. Dis tyd om beheer te neem!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dis jou soort dag – bedrywig en rumoerig met baie afwisseling. Jou vermoë om ’n paar take gelyk te verrig kom na vore. Maak seker dit bly nie net by grootpraat nie!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Met Venus en Mars wat albei deur jou loopbaansone beweeg, is dit tyd vir die vaardige Steenbok om ’n leierskapsrol by die werk in te neem. Jy kommunikeer kreatief en is in beheer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Hoe meer spontaan en reguit jy tuis en by die werk is, hoe beter sal die dag wees. Maak seker jy bring gehaltetyd saam met ’n spesiale vierpoot deur.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Is jy enkellopend en het ’n ogie op iemand spesiaals? Moenie passief wees nie! Met die maan en Jupiter wat jou selfvertroue vermeerder is dit tyd om te doen wat jy besluit het – vra die persoon uit.