JOU DAG

Die Jupiter/Pluto-vierkant gaan oor die volgende 24 uur effense wrywing veroorsaak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is slim en gevat. Strewe egter daarna om die balans tussen passievol en produktief te vind.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die kragtige Jupiter/Pluto-vierkant spoor jou behoefte na krag en sukses in die buitewêreld aan. Moet dit egter nie oordoen en op die ou end gesagsfigure en/of geliefdes in die proses vervreem nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Klou jy hardkoppig vas aan ou denkwyses, asof jy in outostuurmodus is? Dit is tyd om enige voorafbepaalde opvattings opsy te skuif en jou oortuigings in ’n volwasse en filosofiese nuwe lig te beskou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Probeer jy ’n morsige situasie oplos? Jy kan effense weerstand van ander mense verwag – veral ’n kind, vennoot of vriend. ’n Kitsoplossing gaan eenvoudig nie werk nie. Neem dus jou tyd om dinge behoorlik te deurdink.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Soms kan buierige Krewe te sterk na vore kom en ander mense afskrik. Jy is vandag geesdriftig om dinge te skep, maar probeer om familie en vriende op meer subtiele maniere te oorreed.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan dalk meegevoer raak onder die invloed van die Jupiter/Pluto-vierkant. Daar is dus ’n neiging om alles te belowe en dan kan jy nie jou beloftes gestand doen nie. Moenie jou begroting met ’n spontane kooplopie kelder nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter en Pluto plaas vandag geldsake of kwessies rakende eiewaarde onder die mikroskoop. Jy mag dalk dink die situasie het verbeter, maar die mense om jou stem dalk nie saam met jou metodes nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Is jou perfeksionistiese streep buite beheer? Hoe meer jy probeer om alles “volmaak” te kry, hoe meer teenkanting gaan jy van andere kry. Jy moet eerder op die metode fokus as op die uitslag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy moet vandag baie versigtig te werk gaan met alle vorms van kommunikasie, Skerpioen. Veral in die sosiale media. Anders kan jy ’n baie negatiewe reaksie van ’n verborge vyand of ’n sogenaamde vriend ontlok.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Selfverheffing, trots en oormatige selfversekerdheid kom gereeld tot ’n val. Veral as jou heerser, Jupiter, haaks raak met Pluto. Jy sal dus vandag moet oefen om supernederig te bly, anders gaan jy grond eet!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Pasop dat die Jupiter/Pluto-vierkant nie vandag jou Steenbok-beheervraatsigheid aanvuur nie. Bestudeer jou motiewe mooi. En onthou – die enigste persoon wat jy kan beheer, is jouself.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Doen vandag alles volgens die reëls, Waterdraer! Die Jupiter/Pluto-vierkant vererger ’n huidige wetlike situasie, of lei tot ’n toekomstige een. So maak seker dat jy aan die regte kant van die gereg bly.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy ander mense probeer help – persoonlik of aanlyn – moet jy seker maak dat hulle wel jou hulp nodig het voor jy begin. Anders kan jy op die ou end die martelaar wees in ’n taamlik morsige situasie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.