aries-hg-w

JOU DAG

Vandag se sterre is gunstig vir kreatiwiteit en meelewendheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

As jy verveeld bly rondsit, gaan die jaar lank en frustrerend raak. Die volgende 12 maande is die tyd vir geesdrif, eksperimenteer en ontdek.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy het die afgelope tyd hard gewerk – en gespeel – maar raak rustig en neem vandag ’n ruskans. ’n Kalmerende massering of ’n luukse skoonheidsbehandeling is dalk net wat die dokter voorgeskryf het.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Is ander mense bewus van al die werk wat jy agter die skerms doen? Jou pogings sal op die pad vorentoe raakgesien word. Moenie teleurgesteld voel as mense nie onmiddellik hul waardering toon nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die krag van die groep is vandag aan jou kant, terwyl jy gesels en meewerk, meng en inskakel. Wat ’n probleem met ’n vriend of vriendin betref, laat jou intuïsie vir jou die pad aanwys.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit is makliker om jou op ’n positiewe wyse te laat geld as jy jou tyd gebruik om na jou innerlike stemmetjie te luister. Hoe meer gevoelig jy is oor die manier waarop jy ander mense behandel, hoe beter gaan jou dag raak.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan ’n besige dag verwag waarin jy kontakte gaan opbou met ’n wye verskeidenheid van mense, van naby en ver. Jy gaan ook waardevolle insig kry in ander mense se motiewe, by die werk en tuis.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vandag se sterpatrone plaas die kollig op jou vriendelike en kreatiewe sy, en jou sterk behoefte om ander mense te help. Dit is die volmaakte dag om kontak te maak met jou innerlike muse, of Moeder Teresa te speel teenoor die mense rondom jou.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Blaas energie en volop verbeelding in jou persoonlike planne, maar moenie bekommerd raak as die fyner besonderhede steeds onduidelik bly nie. Wees geduldig. Alles sal oor die volgende paar weke duidelik word.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Versigtige Skerpioene kan maklik in ’n gemaklike, gerieflike groef vashaak. Vandag se kreatiewe en buigbare sterpatrone moedig jou aan om jou aanpasbaarheidspiere ’n bietjie te oefen voor dit wegkwyn.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is onafhanklike mense en werk gewoonlik op hul beste as hulle hul eie ding op hul eie manier doen. ’n Gesamentlike en deernisvolle benadering sal jou egter vandag vinniger verder bring.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Begin die dag met take wat dringend gedoen moet word. As jy met gesinslede kommunikeer, probeer jou bes om eerder sensitief as verstandig te wees; en met medelye, eerder as krities.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou houding teenoor geld gaan oor die volgende paar maande op subtiele wyses verander. As jy met ’n huidige geldprobleem te doen het, sal ’n kreatiewe benadering jou help om met ’n bevredigende oplossing vorendag te kom.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Neem vandag die soet saam met die suur. Jou beroep loop nie volgens jou vooraf uitgewerkte plan nie, maar dit is nie noodwendig iets slegs nie. Gaan voort om ander mense met jou kreatiewe en skeppende benadering te inspireer.

Kopiereg. Joanne Madeline Moore 2017