JOU DAG

Die nuwemaan is ’n betowerende tyd van vernuwing terwyl jy die lei skoonvee een weer voor begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol oor ’n aktiewe sosiale lewe. Maar met Pluto in jou huishoudelike sone, is dit tyd om meer toewyding en passie in jou persoonlike en gesinslewe te vertoon.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is baie onafhanklike siele, maar pasop dat jy nie vandag dinge oordoen nie. Soms is dit wonderlik om ander mense se hulp te vra aangesien dit aan die geleentheid bied om te wys hoeveel hulle werklik omgee.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die nuwemaan voorsien ’n skoot adrenalien aan moeë ou Bul-roetines. Jy is dol oor jou knus stoflike geriewe, maar vandag se sterre gaan jou sekerlik uit jou selfvoldane gemaksone skud.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis tyd om die dinge wat jou interesseer, te geniet – soos liefde, vriendskap, geselsies, sosialisering, lees en stokperdjies. Loop net lig met ’n onvoorspelbare ouer, kind, tiener of vriend(in).

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Raak vandag aan die gesels met ’n ontstelde familielid aangesien die nuwemaan wat jou aanmoedig om sake vanuit hul oogpunt te sien. Dan kan jy die verhouding met ’n nuwe ingesteldheid benader.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Berei voor op ’n welkome hupstoot vir selfvertroue, want die nuwemaan vuur jou kommunikasiesone aan. Maar moenie ander skok met ’n verrassende aankondiging nie. Verminder spoed en markeer jou pas.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die nuwemaan motiveer jou om jou geldspiere te ontwikkel en meer geldslim te raak. Wat gesamentlike pogings betref, verwag die onverwagte – en berei jou dienooreenkomstig voor.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Stylvolle Weegskale het ’n passie vir mode. Die nuwemaan verlig jou teken; dus is die tyd geleë vir ’n vuurwarm nuwe haarstyl, ’n lieflike grimeersessie om jou voorkoms te verander of ’n stylvolle hernuwing van jou klerekas.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy is in die bui vir ’n bietjie innerlike ondersoek en ernstige bepeinsing. ’n Vars nuwe begin is waarskynlik in ’n belangrike deel van jou lewe, terwyl jou intuïsie jou die regte rigting aandui.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is jou portuurgroep te klein of te beperk? Sosialiseer jy nog met dieselfde ou groepie? Die nuwemaan moedig jou aan om jou netwerk plaaslike vriende en buitelandse kontakte uit te brei.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jaag jy jou beroepsdrome na en kry jy die resultate wat jy soek by die werk? Indien nie, gaan ’n paar klein verstellings nodig wees terwyl die nuwemaan wat jou aanspoor om die daad by die woord te voeg.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy voel vandag uiters rusteloos terwyl jou opvoeding/avontuursone gestimuleer word deur die nuwemaan. Verwag dus ’n nuwe siklus van studie, reis of buitemuurse avonture in die volgende paar maande.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die Nuwemaan verlig jou begeerte- en plundersone. Sommige Visse kan uitsien na warm nuwe romanse of ’n oue waarin daar nuwe lewe geblaas word. Is dit boonop ook tyd om ’n gesamentlike finansiële ooreenkoms te verfyn?

© Joanne Madeline Moore