JOU DAG

Na gelang van jou ingesteldheid kan intense kontak met ander positief of negatief wees. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die sterretekens se motiveringsdag gebore en pak graag nuwe uitdagings aan. November tot Januarie is die beste maande om verlief te raak of sosiale geleenthede te reël.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Baasspelerige eise gaan sterk reaksie ontlok. Skakel liewer in by die genesende planetêre energie terwyl jy persoonlike probleme oplos. Benader misverstande op ’n bevorderlike, terapeutiese manier.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n goeie dag vir doelgerigte studie en intense gesprekke. Hou egter jou besitlike streep in toom. Om te deel in die liefde om jou beteken nie minder liefde gaan na jou kant toe kom nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Hoe meer moeite jy doen met die herstel van jou huislike lewe, hoe veiliger en sekerder sal jy by die werk en in die wêreld voel. Familie is die fondament wat alles staande hou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre plaas die kollig op betrokkenheid by liefdadigheidswerk met wêreldwye invloed, of jy kan iemand nader aan die huis bystaan. Moenie vandag aanvaar dinge is soos dit lyk nie; neem jou tyd en kyk dieper.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit is nie jou koninklike reg om alles en almal om jou te beheer nie. Jy sal vandag ontdek ware onverstoorbaarheid beteken jy aanvaar ander soos hulle is, eerder as om hulle te probeer verander.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jou aandag is op iets toegespits en jy sal eers rus wanneer dit afgehandel is. Dis goed om ’n oplossing te wil kry, maar moenie by magspeletjies en ego-gedrewe meningsverskille betrokke raak nie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

’n Swaar gevoel hang in die lug noudat mense die intensiteit van die afgelope paar dae oordra. Bring verligting met jou vermoë om vrede te bewerkstellig en onrustige gemoedere te kalmeer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene is gebore organiseerders, maar sommige mense kan jou as ’n beheervraat beskou. Laat iemand anders toe om in beheer te wees; anders gaan jou stoom – en jou vriende – opraak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Baie mense gaan gou op die agterpote wees, maar jou dag behoort heel goed te verloop as jy nie oor seks en geld praat nie. Soek proaktiewe maniere om geld te maak terwyl jy iets doen waarvan jy hou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vanmiddag val die kollig by die werk op jou. Maak seker jy lewer ’n goeie vertoning. Doen jou bes om ekstra diplomaties en simpatiek te wees teenoor ’n gespanne gesinslid.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Selfbeeldprobleme kom onder die loep. Dit is ’n gepaste tyd om ’n persoonlike saak lank en deeglik te bekyk of om ’n geliefde te help om sy eie helingsreis te begin.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Gesprekke gaan ingewikkeld wees terwyl jy onder die oppervlak grawe en die kern van ’n ou, emosionele kwessie probeer bereik. Ware herstel kan eers geskied wanneer jy jou ervarings en kwesbaarhede met ander deel.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.