pisces-hg-w

JOU DAG

Jupiter en Mars is haaks met mekaar; dus kan jy vandag ’n paar ontwrigtings verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het wonderlike idees, maar kan soms tekortskiet wat die uitvoering daarvan betref. 2017 is die jaar om meer gedissiplineerd te raak. Leer ook jouself beter ken.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan regtig heethoofdig wees en warm emosies kan jou selfs meer impulsief en ongeduldig maak as gewoonlik. Pas jou dus aan aangesien jy heel moontlik voortvarend en ietwat onverskillig gaan voel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Haai, Bul – het jy jou dag haarfyn vooruit beplan? Maak jou reg vir ’n paar verrassende onderbrekings! Dinge gaan beslis nie seepglad verloop nie; hou dus styf vas en geniet die pretrit.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Vriendskappe of groepsaktiwiteite lyk vandag ietwat wankelrig, Tweeling. Moenie ander se weergawe van gebeurtenisse sommerso aanvaar nie. Gaan alles eers rustig en deeglik na voor jy ’n belangrike besluit neem.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die huis of werk lyk onvoorspelbaar. ’n Huismaat of gesinslid kan jou onkant betrap met ’n verrassende voorstel. Of ’n kollega, kliënt of koper se woorde kan jou skok.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Oorhaastige woorde gaan jou vandag in die sop laat beland, Leeu. Besin dus voor jy aanvegbare uitlatings maak waaroor jy later spyt kan wees. Jy kan dalk besef dat jy meer afgebyt het as wat jy met gemak kan kou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy wil graag vandag iets nuuts leer, maar moenie halfgebakte besluite neem nie, veral wat geldsake betref. Deurdink alles liewer eers deeglik voor jy ’n groot skuif maak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is in ’n bui om jouself vandag te vergryp, Weegskaal, terwyl jy feitlik alles oordoen. Dit sluit in praat, eet, sosialiseer en bestee. As jy bestuur, sorg dat jy nie jou konsentrasie verloor nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jupiter en Uranus is bestem om jou dag se ritme te versteur. Verhoudings met ’n kollega of ’n viervoetige vriend gaan ook waarskynlik onderstebo gekeer word. Klou dus styf vas en verwag die onverwagte.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is jy realisties genoeg? Dit is goed en wel om pragtige, groot drome te droom, maar daar kom ’n tyd wanneer hulle verwesenlik moet word. Jy is ook vandag geneig tot uitspattigheid terwyl jy te veel geld bestee en te veel hooi op jou vurk neem.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Daar kan dalk ’n bietjie te veel wrywing voorkom in die Steenbok-tuiste met dié dat die planete probleme in jou huishoudelike sone aanwakker. ’n Dubbele dosis diplomasie sal jou heel goed deur die dag kry – en deur die nag ook.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Uranus en Jupiter blaas jou rustelose sy aan. Jy gaan dus lus voel om ontslae te raak van mense, plekke, gedrag of oortuigings wat hul doel gedien het. Pasop net dat jy nie die baba saam met die badwater uitgooi nie!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As iemand jou nader met ’n finansiële transaksie wat te goed lyk om waar te wees, maak jou dadelik uit die voete! So nie gaan hy of sy jou dalk ’n gat in die kop praat wat jou eindelik duur te staan kan kom.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017