Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel gedissiplineerdheid en avontuurlustigheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die vermoë om ander mense te beïnvloed, dus moet jy seker maak jy doen dit op ’n positiewe, produktiewe manier. Oor die volgende 12 maande moet jy die wyse raad van ’n vriend, leermeester of mentor ter harte neem.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is vandag gretig om heelwat te vermag, maar moenie meer afbyt as wat jy kan kou nie. Laat genoeg ruimte op jou oorvol rooster vir spontane avonture.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Vandag lyk geldsake ingewikkeld en deurmekaar. Moet dus nie belangrike besluite neem, duur aankope doen of kontrakte teken voor jy nie heelwat helderder kan dink nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Emosies en energievlakke gaan vandag onstabiel wees; pas daarby aan. Jy gaan ander mense maklik ontstel, ten spyte van jou goeie bedoelings. Weerstaan die versoeking om terug te baklei. Behou liewer jou selfbeheersing.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Wat sakeaangeleenthede en finansies betref, sal ’n raadplegende benadering vrugte afwerp vir geduldige Krewe. As daar ’n probleem is wat jou pla, moet jy jou intuïsie gebruik om ’n langtermynoplossing te kry.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Wat ’n aanhoudende probleem met ’n kind, tiener of vriend betref, moet jy nie instorm en ’n netelige situasie vererger nie. Meer geduld word benodig as jy wil help – eerder as om te pla.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Werk en familie is ’n moeilike kombinasie, want ’n familielid se hardkoppige houding frustreer jou. Doen alles in jou vermoë dat hy/sy die huidige situasie uit ’n aansienlik wyer perspektief kan sien.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Dis nie ’n goeie tyd om die winkels in te vaar nie, want jy geneig is tot spontane inkopietogte. As jy wat jy wil hê kan skei van wat jy nodig het, sal jou Weegskaal-inkopielys heelwat korter word.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Sterk gevoelens kan vandag op die voorgrond tree, aangesien ander mense jou frustreer en jy oorreageer. Koel af; anders loop jy die risiko om ’n kleinigheid in ’n groot obsessie te verander.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag se sterre bevoordeel studie en reis, terwyl jou Boogskutter-nuuskierigheid jou aanhits tot ’n heel nuwe avontuur. ’n Persoonlike probleem kan weer opduik omdat Saturnus agteruit deur jou teken beweeg.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy terugval in ’n Steenbok-beheervraatluim, hoe meer moeilikheid gaan jy kry, veral tuis. Kalm kompromieë is die enigste uitweg – selfs al is dit die laaste ding wat jy graag sou wou doen.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kreatiewe kommunikasie is in die kollig, met vonke wat spat tussen jou en iemand wat net soos jy dink. Moet egter nie verwag om oor alles saam te stem nie. Saturnus moedig jou aan om alle inligting behoorlik na te gaan.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dramas tuis en by die werk gaan waarskynlik volop wees, tensy jy super-aanpasbaar kan wees en kalm bly. ’n Kollega of geliefde voel verward of onstabiel, dus moet jy nie negatiewe kommentaar te persoonlik opneem nie.