JOU DAG

Gryp jou lotsbestemming met albei hande aan, want Jupiter sluit hom by die noordelike nodus aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is aangenaam in die omgang en dit is groot pret om jou in die omgewing te hê. Julie en Augustus is die beste maande vir verlief te raak, bymekaar in te trek, die jawoord te vra of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jupiter en die noordelike nodus kom bymekaar in jou noordsone. Probeer dus om die gesondste en fiksste Ram moontlik in 2016 te wees. Geen verskonings nie – dit is tyd om so gou moontlik jou lyf in rat te kry!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jupiter en die noordelike nodus kom in jou kreatiwiteitsone bymekaar. Jy moet dus in 2016 met jou innerlike muse kontak maak terwyl jy jou gaandeweg op meer kleurryke en kreatiewe maniere uitdruk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jupiter en die noordelike nodus sluit bymekaar aan in jou tuissone. Dus is daar in 2016 heelwat liefde en geluk te vind in verbeterde verhoudings met jou familie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jupiter en die noordelike nodus span kragte saam in jou buurtsone. As jy dus jou vele talente in jou plaaslike gemeenskap gebruik, sal bevredigende verbintenisse volg.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jupiter en die noordelike nodus werk saam in jou geldsone. Dit berus dus by jou om genotvolle maniere te vind om meer geld te maak. As jy hou van dit wat jy doen, sal jy van buite en van binne verryk word.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met Jupiter en die noordelike nodus in jou teken, moet jy meer avontuurlustig wees. Soos die beroemde Oprah Winfrey sê: “Die grootste avontuur wat jy ooit kan onderneem, is om jou drome uit te leef.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Sept.

Met Jupiter en die noordelike nodus wat ’n paar vorm in jou geestesone, is daar heelwat innerlike vrede te vind in meditasie, bepeinsing, joga of tai chi, terwyl jy na die stem in jou binneste luister.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jupiter en die noordelike nodus werk saam in jou netwerksone; dus sal geleenthede en sukses kom deur middel van skakeling met plaaslike en internasionale kollegas, hetsy in persoon of aanlyn.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jupiter word in die noordelike nodus verbind met jou loopbaansone; dus sal wonderlike geleenthede in 2016 te voorskyn kom, solank jy net die selfvertroue het om jou ware roeping te volg.

BOK, 22 Des.-20 Jan.

Jupiter en die noordelike nodus aktiveer jou reissone; dus wink daar avontuur in 2016. Maak seker jy hou lank genoeg op met werk om ’n opwindende reis te onderneem.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jupiter en die noordelike nodus stimuleer jou hulpbronsone. Hoe meer vrygewig jy dus jou finansiële idees deel en saamwerk met ander, hoe meer sukses sal jy behaal.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jupiter en die noordelike nodus werk saam in jou vennootskapsone. As jy in ’n verhouding is, is dit bestem om grotendeels te verbeter. Enkellopende Vis, is jy gereed om jou sielsgenoot te ontmoet?