JOU DAG

Wees vandag kommunikasie probleme te wagte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n sterk morele kompas, maar moet leer om te vergewe en te vergeet. Smee vanjaar bande met jou kreatiewe innerlike kind.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius beweeg tot 22 Mei agteruit. Probeer inligting dus deeglik verwerk – veral waar persoonlike finansies betrokke is, anders gaan dinge gou baie verwarrend raak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Omdat Mercurius agteruit deur jou teken beweeg, kan jy oor die volgende drie weke verwarrende en chaotiese kommunikasie te wagte wees. Die beste manier om dit te hanteer? Met volop Bul-selfvertroue.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Mercurius is in trurat, so dit is nie nou ’n goeie tyd om te analiseer, te studeer of moeilike probleme op te los nie. Jy kan ook ’n paar onderbrekings of vertragings met motors, rekenaars of selfone verwag.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

’n Droom kan tydelik vertraag word noudat Mercurius tot 22 Mei agteruit deur jou hoop- en wenssone beweeg. Wees geduldig, Kreef. Die wag sal die moeite werd wees!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Streef vandag daarna om kommunikasie met familie, vriende en kollegas te laat aanhou vloei. Jy kan ’n paar struikelblokke verwag, maar ’n aanpasbare en prettige uitkyk sal jou help met veranderlike situasies.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius – jou heersende planeet – beweeg tot 22 Mei agteruit deur jou reissone. Verwag dus ’n deurmekaarspul en chaos wat motors, busse, vliegtuie, pendel en/of vakansieplanne betref.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Haastige Weegskale wil so gou moontlik met ’n persoonlike projek begin, maar doen eers jou huiswerk. Anders gaan dinge deurmekaar loop en chaoties raak soos jy vorder.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy kan oor die volgende drie weke ’n bietjie kommunikasiechoas verwag omdat Mercurius agteruit deur jou verhoudingsone beweeg. Dit is ook nou die tyd dat onopgeloste sake dreig om weer kop uit te steek.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is gretig om oor onkonvensionele onderwerpe te kommunikeer en deel idees met familie, vriende en kennisse. Moet egter nie onvanpaste dinge uitblaker nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Sommige Steenbokke gaan vandag vasgevang word in werkprobleme; ander kry dalk te doen kry met verwarring wat ’n vriend of finansiële aangeleentheid betref. Wees geduldig met ’n geliefde wat baie druk ervaar.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Mercurius wat nou agteruit deur jou tuistesone beweeg, kan jy oor die volgende drie weke ’n paar huishoudelike dramas verwag. Hoe ongeduldiger en teenstrydiger jy raak, hoe uitdagender gaan jou probleme raak.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Wees baie versigtig wat jy oor die volgende drie weke op sosiale media plaas, want mense kan jou maklik verkeerd verstaan. Gaan na wat jy stuur – twee keer.