Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Dit is ’n uitstekende dag vir sosiale gebeurlikhede en vermaak terwyl jy op die hoogte kom van wat in familie en vriende se lewe aangaan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is nuuskierig en deeglik en hou daarvan om met sosiale neigings een tree voor te wees. In 2017 moet jy minder druk op jouself plaas en meer vergewensgesind teenoor ander wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Matigheid en kompromie is nodig. Baasspelerigheid gaan tot te veel wrywing lei. As jy na ander se menings luister, gaan jy ’n aangename, produktiewe dag ervaar.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Kameraadskap en gesprekvoering is in die kollig terwyl jy pret het saam met geliefdes en die goeie tye deel. Jy is ook lus vir fliek kyk, na musiek luister of ’n uitstalling bywoon.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Alle soorte verhoudings trek vandag voordeel uit die maan en Jupiter se harmonieuse vibrasies. Dit is dus die ideale tyd om probleme met ’n maat, ouer, kind kollega of intieme vriend uit te stryk.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou charisma en kommunikasievermoëns skyn helder terwyl die maan en Jupiter jou meer selfversekerd maak. Sien dit dus as ’n geleentheid om ander vreugde te verskaf.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Verhoudings met gesinslede en vriende behoort vandag prettig te verloop. Probleme vlieg by die venster uit en jy konsentreer op samewerking en lewendige gesprekke. Benut dit ten volle terwyl dit hou!

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy voel rusteloos, maar as jy tuis of by die werk vasgekeer voel, moet jy probeer om met tydskrifte, boeke of ’n inspirerende fliek in jou gedagtes te ontsnap. Danksy jou kragtige verbeelding kan jy na enige plek gaan.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Positiewe maan/Jupiter-aspekte beloof ’n dag vol pret en baie liefde. Romanse kan blom of ’n vriendskap kan weer vlam vat. Weerstaan die behoefte om lui en selfsugtig te wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Slim Skerpioene is goed met detail. Jy is vandag ook op jou bespiedende beste terwyl jy inligting opdiep wat ander misgekyk het. Kommunikasie word belig; begin ’n hond uit ’n bos gesels.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Baie Boogskutters gaan vandag selfversekerd en sosiaal voel omdat die planete julle ’n geestelike hupstoot gee. Selfdissipline is op ’n absolute laagtepunt, terwyl die behoefte om sosiaal te wees en plesier te soek op ’n absolute hoogtepunt is.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy kan ’n gelukkige dag te wagte wees wat jou beroep betref, veral as jy versigtig beplan. As jy buigbaar is en nie aanneem jy weet alles nie, gaan dit tot gunstige verhoudings met kollegas lei.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Vandag se sterre is gunstig vir alle vorms van reis. Kosmopolitiese kommunikasie is ook in die kollig terwyl jy inligting met interessante internasionale kontakte deel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Wat intieme verhoudings betref, is dit vandag ’n dag om jou seëninge te tel terwyl jy die liefde en goeie gesindheid om jou opslurp. As jy alleen voel, reik uit na iemand spesiaals.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2016