JOU DAG

Die sterre is vandag gunstig vir die maak van positiewe emosionele kontak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy geniet dit om helder te skyn in die openbare kollig. Die volgende 12 maande is gelukkig vir finansiële sake – solank jy jou geld verantwoordelik bestuur.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Jy is in ’n bui om die wêreld aan die brand te sosialiseer. ’n Intieme vriend of familielid kan jou iets vertrouliks vertel. Maar kan ’n impulsiewe Ram vertrou word om ’n geheim te hou? Probeer jou bes om diskreet te bly.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Is jy heeltemal oorversigtig, Bul? Vandag se planete moedig jou aan om ’n balans te vind tussen voorbereid en meer spontaan wees. Sluit ook ’n gesinslid of intieme vriend by jou planne in.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

’n Familieverhouding kan voel asof dit deur ’n rowwe tydjie gaan, maar dit is presies wat tans nodig is. Met ’n positiewe houding en goeie kommunikasie sal dit geleidelik beter gaan.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Weerstaan die drang om oorsentimenteel te wees en in die verlede vas te haak. Vandag moet jy fokus op finansiële sake of ondernemings. Skenk ook noukeurige aandag aan boodskappe uit jou nagtelike drome.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Jy is op jou sosiale beste terwyl jy gesels en sirkuleer; meng en omgaan – persoonlik, sowel as aanlyn. Maak ook seker jy bly in voeling met verlangse familielede en kontakte in jou plaaslike gemeenskap.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Jou natuurlike vermoë om verskillende dinge gelyk te doen, gaan vandag na vore kom, Maagd, terwyl jy jongleer met werk en alle sake oral behartig. Die maan en Jupiter gee jou ook ’n welkome hupstoot.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Kom vandag uit die huis of die kantoor en doen iets fisieks in die buitelug. Gaan stap, hardloop of ry fiets terwyl jy inskakel op die wêreld om jou. ’n Oorsese vriend is ook gereed om weer kontak te maak.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Koel af, Skerpioen! As jy probleme ervaar met ’n geliefde, moet jy probeer om nie te oorreageer en te emosioneel te raak nie. Die verstandige ding om te doen is om te gaan sit en kalm deur kwessies te werk.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Professionele vriendskappe word bevoordeel; dus is dit ’n goeie tyd om weer kontak te maak met ’n ou werksmaat. Luister ook na jou kunstige sy terwyl jy aansluiting vind by die spontane en kreatiewe kind in jou binneste.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Die maan en Jupiter verhoog jou professionele selfversekerdheid en help jou om ekstra-optimisties te voel oor jou toekoms. Jou internasionale kontakte sal jou ook beloon, solank jy net geduldig bly.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Neem ’n behoorlike kykie na jou finansies en kry maniere om magte saam te span met ander mense vir positiewe resultate. Om na gesonde raad te luister is die beste beleid terwyl jy daarna mik om meer Waterdraer-oorvloedigheid te openbaar.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Met Mercurius wat deur jou verhoudingsone beweeg, is dit die perfekte tyd om met jou maat te gesels oor sy of haar spesifieke behoeftes. Enkellopend? Soek langdurige liefde by ’n Kreef wat omgee of ’n deugsame Maagd. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.