JOU DAG

Kommunikasie, kreatiwiteit en gesprekke word vandag beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n roekelose, rebelse sy en hou daarvan om in te spring en sake af te handel. In 2016 moet jy probeer om meer sensitief teenoor ander se gevoelens te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se positiewe sterre is goed vir kreatiwiteit, vermaak, kameraadskap en sosiale gesellighede. Benut die kans om jouself met die een of ander strelende troetelsessie te bederf.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd om jou verhouding met kollegas te verbeter en ander meer as gewoonlik tegemoet te kom. Moenie ’n koppige Bul wees nie. Jy sal veel verder kom met ’n prettige, buigsame benadering.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie met ’n kind, tiener of vriend sal makliker as gewoonlik wees, want Venus help om gemoedere te kalmeer. Magtige Mars sal jou selfvertroue ’n welkome hupstoot gee.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is lus om hulself met ’n fynproewermaal of troetelsessie te bederf of iets spesiaals vir die huis te koop. Maak seker jy kan die luukshede bekostig.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd vir Katte om vinnig en beslis op te tree. Hoe meer proaktief en positief jy is wat vriende, familielede, bure, sosiale media en reis betref, hoe beter uitkomste kan jy verwag.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jou geldsake lyk beter met Venus wat jou help om jou inkomste te vergoot en vir ’n neseier te sorg. ’n Gesinslid of vriend kan jou met tydige raad oor geldsake help.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Alle vorme van studie en kommunikasie word beklemtoon en jy is gretig om iets nuuts te leer en dit met ander te deel. Reis en studie is baie moontlik met jou weetgierigheid wat gestimuleer word.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jou motto is tans Bruce Lee, wat vandag verjaar, se woorde: “Moenie ’n suksesvolle mens soek en hom na-aap nie. Wees altyd jouself, sê hoe jy voel en glo in jouself.”

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met die maan wat deur jou verhoudingsone beweeg, is dit tyd om ander eerste te stel. As jy jou vurigheid en energie inspan om familie en vriende te help, sal jou dag fantasties wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is daar tans ’n wanbalans in jou huis of lewe? Is al jou moeite regtig nodig? Gebruik die krag van jou skerp verstand om slimmer eerder as harder te werk.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy sal dalk meer moet beplan as wat jy gedink het om ’n droom of doelwit na te jaag. Dis in orde. Fokus daarop om die proses te geniet eerder as om net die eindpunt voor oë te hou.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe meer kreatief en georganiseerd jy by die werk is, hoe beter sal jou dag wees. Is jy op soek na werk? Moenie die talle kontakte in jou vriendekring en familie miskyk nie.