JOU DAG

Emosionele intensiteit loop hoog; hanteer mense se gevoelens uiters versigtig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ondanks jou toewyding en volharding, kan jy ook ’n buierige mens wees. Dit is belangrik om jou met positiewe mense te omring wat jou drome aanmoedig.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mars beweeg tot 2 Augustus agteruit tot in die teken van die Skerpioen. Jou energievlakke bly laag. Probeer kragvertonings en emosionele manipulasie vermy om ander te oorreed om te doen wat jy wil hê.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Dinamiese nuwe mens of portuurgroep kan dalk jou lewe binnekom en ’n vars bries oor jou uitgeputte ou roetines waai. Wees geduldig, want dit sal ’n tydjie neem voor dinge regtig aan die gang kom.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Weerstaan die versoeking om dinge vandag net bolangs te doen. Die sterre moedig jou aan om ’n huidige situasie in meer detail te ondersoek. Laat dan jou idees ’n paar dae prut voor jy optree.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met die komplimente van Mars, wat agteruit beweeg, kan ’n verhouding met ’n kind, tiener of vriend lyk of dit agteruit beweeg. As jy geduldig en met begrip te werk gaan, sal dinge gou weer reg wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Met Mars wat agteruit deur jou huishoudelike sone beweeg, moet jy probeer om tuis meer proaktief te wees. Maar as jy familielede omkrap met omstrede opmerkings, gaan hulle waarskynlik terugbyt.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy blink uit by die werk of skool, maar moenie toelaat dat dit jou blind maak vir probleme tuis nie. As jy jou huishoudelike verpligtings verwaarloos, gaan dit op die ou end jou vordering by die werk beïnvloed.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mars beweeg nou, tot 2 Augustus, agteruit deur jou geldsone. Weerstaan die versoeking om impulsief te raak met kontant of krediet terwyl jou banksaldo tot stilstand kom of selfs agteruitgaan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die magtige Mars beweeg nou terug deur jou teken – tot 2 Augustus. Jy kort waarskynlik energie terwyl jou motivering, en betowering, ’n blaaskans neem. Pas jou spoed daarby aan.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy voel ambisieus, maar moenie dinge vooruitloop nie. Mars beweeg agteruit deur jou privaat sone, dus is dit tyd om spoed te verminder en na te dink oor waarheen jy op pad is en waar jy vandaan kom.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Baie Steenbokke sal vandag kompulsief en iesegrimmig voel. As jy by ’n plaaslike groep, klub of organisasie betrokke is, vermy dit om dinge te sê wat jy nie werklik bedoel nie en waaroor jy later spyt kan kry.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Het jy probleme by die werk? Hulp is byderhand, maar jy sal moet vra daarvoor. Wat ’n saketransaksie betref moet jy nie haastig raak nie. Maak seker jy lees die fynskrif deeglik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy tussen nou en 2 Augustus ’n reis aanpak, maak seker jy gaan jou reisprogram deeglik na. Vertragings en frustrasies is moontlik, dus sal jy geduldig en aanpasbaar moet wees.