JOU DAG

Vandag se sterre gaan alles oor kreatief en meegevoelig wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie eerbaar en ander mense bewonder jou sterk morele kompas. Die volgende 12 maande is die tyd om jou kreatiewe talente te ontwikkel – veral by die werk.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Benut vandag jou rustelose energie op baie uiteenlopende maniere sodat jy nie op die ou end verveeld raak nie. Stel aan jouself ’n uitdaging terwyl jy ’n abstrakte droom vat en dit in ’n rotsvaste realiteit verander.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Dit gaan jou vandag nêrens bring om hardkoppig aan ’n gevestigde mening vas te klou nie, Bul – veral nie met geliefdes nie. Daarteenoor sal ’n buigbare en prettige houding die dag baie gladder laat verloop.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Dit is ’n wonderlike dag om te doen wat Tweelinge die beste doen – praat, lag, grappe maak en met ander mense kommunikeer. Maak net seker dat jy gesellig, eerder as spraaksaam bly; en stimulerend eerder as kunsmatig!

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Hoe meer meegevoelig en kreatief jy is, Kreef, hoe gladder sal die dag verloop. Die sterre moedig jou aan om groot drome te droom, maar maak seker dat jy duidelike onderskeid kan tref tussen feite en fantasie.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Kunstige inspirasie loop vandag hoog, maar so ook die neiging om deur jouself of ’n gladdebek mislei te word. Moenie komplimente kop toe vat en toelaat dat hulle gesonde verstand vervang nie.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Jy dink dalk jy ken al die antwoorde, maar ’n verhoudingsprobleem is meer ingewikkeld as wat dit op die oppervlak lyk. Dit is beslis nie net swart en wit nie. Daar is vele skakerings van grys tussenin.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

As dit sleg gaan in ’n romantiese verhouding, gaan dit van jou afhang om stappe te doen om dit te verbeter, of dapper genoeg te wees om weg te stap. Enkellopende Weegskaal – as jy liefde soek, skakel jou romansefaktor na hoogste verstelling.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Is jy besig om ’n moeilike situasie die hoof te bied? Gebruik jou vrugbare verbeelding om met ’n vars nuwe benadering vir ’n ou probleem vorendag te kom. Skenk ook noukeurig aandag aan die verskuilde boodskappe in jou nagtelike drome.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Boogskutters kan vandag geweldig rusteloos voel. Kry dus uitdagende en kreatiewe maniere om jouself te vermaak en besig te hou. Vriendelikheid en meegevoel sal jou ver bring, by die werk, sowel as tuis.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Beheervraat-Steenbokke verval maklik in ’n vervelige groef. Met die maan en Mars wat jou sone vir daaglikse roetine aanwakker, is dit tyd om jou gewone tydrooster uit te gooi en meer kreatief en spontaan te raak.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Jy voel geïnspireerd terwyl jy met ’n kreatiewe nuwe manier vorendag kom om ’n irriterende ou probleem op te los. Maak net seker dat jy met vriende sosialiseer wat jou eienaardighede kan waardeer en jou drome aanmoedig.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Entoesiasme en kreatiwiteit voer die botoon terwyl jy aan ander mense wys waartoe jy werklik in staat is. Maar hou vandag jou voete plat op die grond, Vis, en moenie meer belowe as wat jy realisties kan lewer nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017