Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Dit kan voel of teenstrydige verpligtinge jou in verskillende rigtings trek.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is opwindend om in jou teenwoordigheid te wees. In 2016 moet jy jou werk meer en jouself minder ernstig opneem. Hou dinge eenvoudig.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Weerstaan die versoeking om roekeloos te raak. Huidige kommunikasie moet heelwat verdraagsaamheid en tegemoetkoming insluit. Vermy dit om baasspelerig te wees; kompromie is die sleutel tot ’n stresvrye dag.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Geliefdes en kollegas gaan nie vandag jou kritiek goedsmoeds aanvaar nie, ongeag hoe “konstruktief: dit ook al is. Hou dus jou menings vir jouself en moenie raad aanbied waar dit nie gesoek word nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is geneig om werkprojekte af te jaag of om tot halfdeurdagte gevolgtrekkings te kom. Maar impulsiewe dade nou kan later berou bring. Wees ook ekstra taktvol met jou internasionale kontakte.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Uitdagende planetêre patrone sorg nie juis vir ’n lighartige, prettige dag nie. In familieverhoudings sal dit moeilik wees om sensitiewe onderwerpe te vermy. Moenie dinge te persoonlik opneem nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie hope aandag en liefde van geliefdes verwag nie. Hulle het hul eie probleme om te bowe te kom. Wees gerus dat hulle steeds mal is oor jou en jou waardeer – selfs as ander mense dit nie wys nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Daar kan vandag ’n bietjie wrywing of verrassings wees wat met geld te doen het. Met die son wat jou verhoudingsone aanvuur, is dit nou tyd om vas te byt en probleme met vennote uit te stryk.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Wat jy ook al vir vandag gereël het, wees voorbereid daarop om dit op die laaste oomblik te verander wanneer ander mense jou volmaakte planne omvergooi. Wat gesinsake betref, verwag ’n intense dag.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy kommunikeer dalk vandag moeilik met ander, maar moenie bekommerd wees nie,want dit is iets wat verbygaan. Konsentreer op individuele projekte wat harde werk en heelwat deursettingsvermoë vereis.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Impulsiewe Boogskutters is die groot gelduitgeërs van die diereriem, maar dit is nou die regte tyd om af te koel en jou sente te tel. Pluto moedig jou aan om ’n standvastige finansiële plan vir die toekoms te kry.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die dag is positief vir praktiese projekte, asook gedissiplineerde werk wat baie aandag aan detail vra, maar weerstaan die versoeking om oorpuntenerig te wees en ander mense se pogings te kritiseer.

WATERDRAER 21 Jan.-19Feb.

As jy vandag uit die moeilikheid wil bly, dink versigtig voor jy goed uitblaker wat jy later kan berou. Jy wil ’n opskudding veroorsaak, maar is dit die slimste ding om te doen?

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Baie mense sal mismoedig wees, maar dit beteken nie jy moet hul probleme joune maak nie. Volg jou eie kop en moenie toelaat dat ander mense jou terneergedruk laat voel nie.