JOU DAG

Mars se posisie is reghoekig met dié van Neptunus, so jy kan vandag verwarring en lae motivering verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor om ander mense aan te moedig en te ondersteun, maar moenie jouself uit die prentjie laat nie. Jy moet soms vir ’n verandering ander mense om hulp nader.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Motiverings- en energievlakke gaan vandag weens die newelagtige Neptunus se invloed laag bly. Jy gaan ook heel waarskynlik verward voel oor ’n huidige aangeleentheid omdat te veel opsies jou oordeel vertroebel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As dit kom by ’n hoop, droom of wens wat jy koester, bevraagteken jy dalk skielik jou doelwitte of motiewe. Dis oukei; verwarring is soms baie algemeen voor jy jou planne verfyn.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Persoonlike en professionele verhoudings lyk vandag geweldig ingewikkeld, want jy lees tekens verkeerd of misverstaan motiewe. Neem dus eers nadat dinge rustiger geraak het groot besluite.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie bekommerd wees as jy vandag vol selftwyfel is nie, Krewe. Die heelal por jou aan om jou vrese te konfronteer, jou motiewe te bevraagteken en kreatiewer te wees met die formulering van jou toekomsdoelwitte.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie aanneem jy ken al die antwoorde nie, Leeu. Hoe meer jy ander probeer beheer, hoe meer verwarring gaan die dag meebring. Verlig dus die vrag met blaaskanse en broodnodige humor.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Moenie aanneem jy weet hoe ’n geliefde dink of voel nie. Onder die invloed van vandag se verwarrende mengelmoes van sterre is jy die pad waarskynlik heeltemal byster. Wag dus jou tyd af en sê baie min.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

As jy verwag dat geliefdes logies optree, gaan jy kwaai teleurgestel word. As jy verwarrende tekens van ander verwag, gaan jy ’n chaotiese maar interessante dag beleef.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jou geldsake lyk geweldig deurmekaar, veral as jou finansies gekoppel is aan ’n vriend of familielid. Vermy dus enige groot fiskale skuiwe tot almal weer helderder dink.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is dalk terneergedruk oor ’n persoonlike of familiekwessie, want Neptunus laat jou ietwat ontmoedig voel. Moenie tou opgooi nie; môre voel jy weer heelwat meer positief.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Om ander in ’n rigting te probeer dwing kan tot verwarring lei. Staan terg en herbekyk die situasie. Probeer jou kragtige energie gebruik om mense op subtieler, sensitiewer maniere te beïnvloed.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As jy vandag by ’n groep betrokke is, kan jy ’n bietjie chaotiese verwarring te wagte wees omdat mense botsende agendas het en in totaal verskillende rigtings beweeg. Ten minste gaan die lewe nie saai wees nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Let op wat jy vandag inneem, aangesien jy meer neig na voedselallergieë of newe-effekte wat medisyne betref. Tree verstandig op, spaar jou energie en markeer die pas.