JOU DAG

Die sterre skep gunstige omstandighede vir jou om oortyd te werk, maar moenie vanaand haastige skuiwe maak nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Hoe meer georganiseerd jy is, hoe meer produktief en genotvol sal die komende jaar wees. Streef daarna om meer sensitief jeens geliefdes se gevoelens te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Het jy jouself afgeskeep? Die huidige sterre herinner jou om proaktief met jou gesondheid en fiksheid te wees. Sorg vir jou liggaam met gesonde kos en gereelde oefening.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy het ’n breek nodig van al die harde werk wat jy gedoen het. Sit tyd opsy vir rus en ontspanning tuis. Party Bulle sal die rol van tuisgod of -godin vertolk en ander met styl vermaak.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Nougesette vriend kritiseer dalk jou professionele prestasie, maar moenie toelaat dat hulle jou selfvertroue ondermyn nie. Wees sterk en staan op vir dit waarin jy glo.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou situasie tuis is frustrerend en jy voel dalk asof jy alles op jou eie doen. Moenie wanhopig word nie. Die meeste mense fokus vandag op hul eie probleme.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit sal vrugte afwerp as jy met langtermyn-projekte moeite doen. Dis nie ’n goeie dag om onsensitiewe grappies te maak nie, want ander kan aanstoot neem. Kies jou woorde wys.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Maagde is baie pligsgetrou. Maar jou talent vir kritiek – konstruktief en andersins – kan vandag teen topspoed werk terwyl jy die pogings van die mense om jou kritiseer.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy sal nie vandag lus voel om baie sosiaal te wees nie. Pak individuele projekte aan en haal in met onvoltooide persoonlike sake. Luister na jou intuïsie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Venus gee romantiese moontlikhede en verhoudings in die werkplek ’n hupstoot. Jy sal vind hoe meer kreatief jy met gesinslede, vriende en kollegas kommunikeer hoe meer opwindend sal die dag wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Saturnus in jou teken moet jy realisties oor jou sterk en swak punte wees. Probeer om jou liggaamlike aantrekkingskrag en intelligensie te vergroot en nie so halsoorkop op te tree nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis onwaarskynlik dat geliefdes en kollegas by jou planne sal inpas. Is dit hul probleem of joune? Koel kompromieë sal jou verder bring as sinlose debatte.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Avontuur en aktiwiteite in die buitelug roep, maar jy het soveel om te doen dat dit moeilik sal wees om weg te kom. Maak seker jy doen jou deel van die werk anders sal ander gegrief wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Praat met ’n geldslim vriend oor jou sake as jy oor geld bekommerd is. Dalk kan die vriend jou wys wat die regte rigting is om in te slaan. Moenie items koop waaroor jy later spyt gaan wees nie.