JOU DAG

Frustrasie loop hoog, dus moet jy jou daarby aanpas.

AS JY VANDAG VERJAAR

Omdat jou geboorte met die Diereriem se Dag van Volgehoue Pogings saamval, sal geduld en volharding jou ver bring. 2017 is die jaar om meer aan sosiale aktiwiteite in jou plaaslike gemeenskap deel te neem.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Dis nooit ’n goeie idee om ’n skuldgevoel of emosionele omkopery te gebruik om te kry wat jy wil hê nie – veral nie vandag nie. As jy dit doen, kan jy seker wees ander mense gaan self effens manipulerend reageer!

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Werk gaan vandag uitdagend wees, Bul. Maak dus seker jy gee aandag aan die fyner besonderhede. Jy voel dalk jy stres, maar moenie ontspan voor al die belangrike take afgehandel is nie.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Daar kan sake opduik waarby finansies betrokke is, en dit kan woede of afkeur ontlok. As jou geld vas belê is by iemand anders – persoonlik of professioneel – moet jy seker maak jy hou die kommunikasiekanale oop.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Vertroue is tans die groot vraagstuk in ’n romantiese of platoniese verhouding. Vermy die versoeking om aan wrokke vas te klou en hardkoppig te wees. Soek eerder in jou hart om te vergewe en te vergeet.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Jy kan vandag verwag dat ander mense tuis en by die werk teen jou planne gaan vasskop. Sorg dat jy nie met woede reageer of vasval in beheerstruwelinge nie. Soek liewer fisieke uitlaatkleppe vir jou opgekropte energie.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Jy kan verward voel en baie hardvogtig wees teenoor jouself. Jy het baie om te doen, Maagd, maar moenie verwag dat geliefdes vandag bedagsaam en hulpvaardig gaan wees nie. Hulle het hul eie probleme om te oorbrug.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Jy kan ’n bietjie wrywing met ’n gesinslid verwag wat sy of haar gesag laat geld. Moenie oorreageer nie, maar moet ook nie toelaat dat die persoon oor jou loop nie. Dit is tyd dat rustige Weegskale ferm sowel as buigbaar raak.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Jy kan gevange gehou word deur onweerstaanbare behoeftes wanneer jou besitlike sy die oorhand kry. As jy te styf aan geliefdes vasklou, gaan hulle eenvoudig probeer om uit jou hardkoppige Skerpioen-greep te ontsnap.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Jy kan vandag vind dat jy en iemand anders op ’n twis afstuur omdat jul persoonlike waardes bots. Probeer dus om jou met volop takt en diplomasie uit die situasie los te wikkel.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Die Venus/Pluto-verband sorg vir ’n intense en uitdagende dag, aangesien ander mense dalk jou gesag of motiewe gaan bevraagteken. As jy jou kop laat sak en aanhou werk, sal dit gou oorwaai.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Voel jy voos en gefrustreerd? Moenie die mense om jou blameer as dinge vandag skeefloop nie, Waterdraer. Staan liewer jou man. Die enigste een wat tans jou pogings kelder, is jyself!

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Absorbeer vandag die stampe en stote in verhoudings, Visse, maar moenie toelaat dat iemand jou misbruik nie. Staan liewer jou man. Wys vir ander mense dat Visse ook soms terugbyt!

© Joanne Madeline Moore