JOU DAG

Streef daarna om ’n balans te handhaaf tussen verantwoordelik te wees en pret te hê.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou energie en onafhanklikheid het jy boonop vele talente en vaardighede. Vanjaar is die jaar om te ontspan, jou kop oop te kry en hope pret te hê.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is vol geesdrif en skarrel gewoonlik rond om te veel goed te doen. Onthou net, almal is nie so geesdriftig soos jy nie en daar is ’n fyn lyn tussen selfversekerd en verwaand wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vakansiejoligheid en lekker tye is vandag in die kollig – jy kuier en ontspan saam met vriende en familie. Dis ’n gunstige tyd vir romanse, kreatiwiteit, sport en stokperdjies. Moenie spandabel wees nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou leuse kom vandag van die feministiese skrywer Gloria Steinem: “Sonder spronge van verbeelding, of drome, verloor ons die opwinding van moontlikhede. Om te droom is tog ná alles ’n vorm van beplanning.”

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Selfs al is jy vandag met vakansie, is daar hope professionele geleenthede rondom jou. Hou jou oë en ore oop. Sommige gelukkige Krewe sal uitvind werk, reis en liefde is op opwindende maniere met mekaar verbind.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moenie Leeus inhok nie. Die son, Mercurius en Uranus aktiveer jou avontuurlustige kant. Die tyd het aangebreek om geesdriftig te raak, te eksperimenteer en te ontdek, terwyl jy elke oomblik van die dag ten volle benut.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie vandag ’n vakansiekluisenaar wees nie. Vandag is gunstig om oorsese kontakte op te bou en sosiale netwerke uit te brei. Moenie aanneem jy weet wat ’n geliefde dink nie; jy kan jou lelik misgis.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is vandag in ’n vriendelike en praatlustige bui terwyl jy sosiaal verkeer. Jy het ’n suikertand en is gretig om heerlike Paas-bederfies op die proef te stel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy jou te sterk afdwing op ander, iets wat ’n Skerpioen-spesialiteit is, gaan jy ander mense wegdryf. Probeer kalmeer en geniet dit om waardevolle tyd saam met jou gunstelingfamilielede en -vriende deur te bring.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is oor die volgende paar dae in ’n luim om jou suikertand te bevredig. Selfdissipline vlieg by die deur uit, want Paasbolletjies en sjokolade-Paaseiers is nie te versmaai nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die lewe tuis is vandag bedrywig en onverwagte gaste kan kom inloer. Dit is die ideale tyd om die grasieuse gasheer te speel: Kook ’n storm los en onthaal in styl.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus en Jupiter, die plesierplanete, stimuleer jou om oordrewe spontaan te wees. Pasop om nie oormatig te drink, te eet of geld te bestee nie. Dit kan môre tot diepe berou lei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Maak gereed vir ’n uitmuntende Goeie Vrydag. Alles lyk goed vir lekker eet en drink, reis en saam met geliefdes kuier. Dis tyd vir voos Visse om te ontspan en ernstig pret te hê.