JOU DAG

Die volmaan is emosioneel gelaai. Probeer kalm bly.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n rustelose siel en het die heeltyd uitdagings nodig om jou gemotiveerd en geïnteresseerd te hou. Probeer om in 2016 geestelik en fisiek tot bedaring te kom.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jou impulsiewe, voortvarende kant word deur die volmaan geaktiveer. Jy gryp in en neem beheer van verrigtinge. Dalk sal dit slimmer wees om te kalmeer en dié Kersfees kompromieë aan te gaan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Kies jou woorde om die Kerstafel wys terwyl die volmaan jou kommunikasiesone aanvuur. As jy nie versigtig is nie, sal jy die verkeerde goed op die verkeerde tyd aan die verkeerde mense uitblaker.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Gesellige Tweelinge hou van die sosiale sy van die Kersvieringe. Maak net seker jy bring jou kant met die voorbereidings en help opruim anders sal jy môre ongewild wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan nie van intense gesinsverhoudinge ontsnap nie, want die volmaan stimuleer jou vennootskapsone. Moenie onder die indruk verkeer dat jy alles op jou eie kan hanteer nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Lewenslustige Leeus sal hulself waarskynlik in die Kerstyd te buite gaan – veral wat eet en drink betref. As jy dit kalm vat, sal jy (en jou spysverteringstelsel) die vierings selfs meer geniet.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

As jy verwag dat ander vandag prakties en stiptelik moet wees, sal jy teleurgestel word. Die onvoorspelbare energie van die volmaan is in die omte. Laat vaar dus die streng skedule en vat dinge soos dit kom.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Probeer agterkom wat ’n gesinslid dink. Met die volmaan wat die fokus op jou sone vir sake tuis plaas, is jy in die bui vir behoorlike feestydpret. Verwag die onverwagte!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal ekstra diplomaties moet wees as jy wrywing met familielede wil vermy. Onder die skerp lig van die volmaan raak almal se geduld min. Hanteer sake met omsigtigheid.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is in ’n wonderlik feestelike bui. Jy ontspan en geniet die Kersvierings. As jy te veel eet en drink, sal jy môreoggend knorrig wees!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Behou dié Kersfees perspektief. Die ontslape Britse skrywer Quentin Crisp, wie se geboortedag dit vandag is, het dit so gestel: “Hanteer alle rampe asof hulle onbeduidend is, maar moet nooit van onbeduidende dinge ’n ramp maak nie.”

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie dié Kersdag roekeloos wees nie. Die volmaan versterk jou onvoorspelbare kant. Probeer ontspan en kalmeer anders sal jy gedaan wees nog voor die feesmaal op die tafel is.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die volmaan in die Kreefteken maak jou dié Kersdag meer intuïtief, kreatief en deernisvol. Dit kan jou ook groot emosionele ineenstortings laat kry. Tree versigtig op.