aries-hg-w

JOU DAG

Rondhardloop gaan net jou stresvlak opjaag, so verminder jou spoed ’n bietjie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vanjaar is die jaar om die balans tussen jou huis en werk reg te kry. Probeer ook jou bes om ’n persoonlike projek aan die gang te kry.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Het jy gesit en sloer? Lig gerus jou oulike agterstewe en laat dinge gebeur. Benut jou tyd om dinge deeglik te deurdink – en bestorm dan die lewe soos ’n ram ’n hek bestorm!

BUL, 21 Apr – 21 Mei

As jy gesondheidsprobleme het, gaan dit jou niks baat om dit te probeer wegwens nie. Wees ’n verantwoordelike en proaktiewe Bul. Dit is ook belangrik om ’n oefenroetine te kry wat vir jou werk.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Daar is ’n neiging om in te spring en dinge kwyt te raak wat jy nie regtig bedoel nie, veral met familie en vriende. Dink voor jy praat, anders gaan jy ten einde laaste net ander mense beledig – en jouself ontstel.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Vandag gaan die meeste van jou aandag bestee word aan ’n delikate situasie waarby ’n geliefde betrokke is. Om dit op te los, sal jy strategies, sensitief, proaktief en volhardend moet wees.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Jy wil graag kommunikeer met vriende tuis, sowel as dié wat ver is. Wees net vandag ekstraversigtig wat die sosiale media betref. As jy oorhaastig is om ’n boodskap te te pos, gaan jy dit dalk later berou.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Jy is in jou Maagd-gemaksone as jy projekte op ’n koel en bedaarde manier benader. Met vyf planete wat vandag in vinnige vuurtekens is, is dit tyd om meer spontaan te wees en die pas effens te markeer.

WEEGSKAAL, 24 Sept – 23 Okt

Vir enkellopende Weegskale staan die liefde ’n groot kans met die planete wat onder jou verhoudingsone vuurmaak. Mar jy sal geduldig moet wees. As jy reeds in ’n verhouding is, moet jy nie toelaat dat dit vervelig raak nie.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Wat ’n ingewikkelde saak by die werk of tuis betref, moet jy obsessies en die neem van simpel besluite vermy. Die sterre moedig jou aan om kwessies op ’n intelligente, skeppende en deeglike manier te takseer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Met vyf planete in uitbundige vuurtekens, voel jy skaamteloos uitgesproke. Maar dink mooi voor jy vandag praat en optree. Anders gaan jy dalk iets sê of doen waaroor jy later spyt is.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Jy gaan ’n produktiewe dag hê, solank jy die balans tussen professionele projekte en huishoudelike pligte reg hou. Enkellopendes, jy kan dalk liefde vind via ’n bekendstelling deur ’n familielid.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Die maan beweeg deur jou teken, dus voel jy vandag heel tuis. Onderdruk die versoeking om oorhaastige en omstrede kommentaar te lewer wat dinge deurmekaar klits – persoonlik, sowel as aanlyn.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Venus beweeg agteruit deur jou geldsone. Is jou geldsake dalk ook in trurat? Hou op om jou te bekommer en begin iets daaraan doen. ’n Goeie beginpunt is om die lekplek in jou kontantvloei te herstel.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017