JOU DAG

Dis die ideale dag vir ontdek en eksperimenteer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n vrugbare verbeelding en heelwat talente. Oktober is uitstekend vir liefde en romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die Waterdraer-maan versterk jou avontuurlike aard en verbeter jou kommunikasievaardighede. Jy het baie hooi op jou vurk; moenie meer aanpak as wat jy met gemak kan baasraak nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Positiewe aspekte lei tot ’n aangename, produktiewe dag. Jou kommunikasievaardighede verbeter namate jy oor idees gesels, jou moue oprol en aan die werk spring. Besigheidsake word ook bevoordeel.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Danksy Mercurius word jou gesellige sy en aangebore nuuskierigheid aangewakker, so vul jou dag met heelwat sosiale aktiwiteite en opwindende, leersame ervarings.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis ’n perfekte dag om iets van jou hart af te kry en oor jou gevoelens te praat. Jou bui wissel baie; moenie nou ’n belangrike besluit neem wat op lang termyn komplikasies kan meebring nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus kommunikeer graag kreatief terwyl hulle met eendersdenkende siele saamwerk aan ’n wen-wen-resultaat vir almal. ’n Projek tuis kan ’n tydelike terugslag ervaar.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die Waterdraer-maan kan bydra tot irriterende onderbrekings in jou sorgvuldig beplande daaglikse roetine. Moenie oorgeorganiseerd wees nie; laat ruimte vir spontane gebare en opwindende verrassings.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Vriendskappe moet vertroetel word. Sê wat jy dink en voel terwyl jy maniere ondersoek om ’n vaal verhouding op te kikker. Volgehoue kommunikasie is die geheim.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Familiekuiers het onverwagte voordele. Alle soorte opvoeding, studie en navorsing is ook in die kollig, so rol jou moue op en leer vandag iets nuuts.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21

Stimulerende, koorsagtige energie is in die omtrek, maar jou haas om alles gedoen te kry, kan maak dat jy oorweldig word. Jy smag na opwinding; maak seker jy raak nie te veel op jouself aangewese nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Kies vandag jou woorde goed om iemand se selfbeeld ’n hupstoot te gee. Met Venus wat jou verhoudingsone besoek, is dit ook tyd om ’n vennootskap reg te dokter voor dit handuit ruk.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie so haastig wees dat jy die genot en prag in jou daaglikse roetine miskyk nie. Of jy by die huis of by die werk is, sit tyd opsy om vandag die werklikheid op jou pad raak te sien.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is die ideale tyd om jou geliefkoosde stokperdjie na te jaag of gehaltetyd saam met ’n kind, tiener of vriend deur te bring. Saturnus is terug in jou beroepsone, so heelparty Visse kan gefrustreerd en gedaan voel.