pisces-hg-w

JOU DAG

Soek maniere om vandag meer onafhanklik en innoverend te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vanjaar moet jy meer ambisieus wees en meer betrokke raak by kollegas. Formuleer en streef ook jou doelwitte en drome vir die toekoms na.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy het ambisieuse doelwitte terwyl jy nuwe terrein betree. ’n Kollega of geliefde het ’n idee wat jou sukses kan help behaal.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou heersende planeet, Venus, moedig jou aan om die hedonis in jou te kanaliseer. Eet, drink, sosialiseer, speel, hou partytjies, betoon liefde en leef vandag voluit. Moet net nie in die proses bankrot raak nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy voel optimisties oor toekomsmoontlikhede, maar moenie oorhaastig wees nie. Doen jou huiswerk en wees voorbereid sodat jy reg is vir ruk-en-rol wanneer lonende geleenthede opduik.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie oorhaastig gevolgtrekkings maak nie, veral wat geldsake betref. Wees geduldig. Kyk ook dieper as die uiterlike terwyl jy dinge mooi deurdink.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Venus, Mars en Uranus aktiveer almal jou avontuursone, dus is jy gretig om binnekort na ’n eksotiese plek te reis. Of gaan in jou gedagtes op reis deur te lees en flieks te kyk.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met duidelike kommunikasie en ’n proaktiewe benadering sal jou vermoë om probleme op te los jou verbaas. Jy moet geduld aan die dag lê.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Ongeërgde Weegskale moet harder werk om hul portuurgroep te vertroetel en uit te brei. Wees ook meer skerpsinnig. Hou jou ware vriende naby en raak ontslae van mooiweersvriende.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal vandag glad nie baat vind by hardkoppigheid nie, veral nie wat ’n familielid betref nie. Dinge verander in ’n oogwink en jy moet passievol proaktief bly, anders gaan jy agterbly.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Saturnus is in jou teken; moenie dinge oordoen nie. Jou motto vir vandag kom van die Apple-stigter Steve Jobs, wat op 24 Februarie gebore is: “Gehalte is baie beter as hoeveelheid. Een boflopie is heelwat beter as twee dubbels.”

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Wat ’n brose familieverhouding betref, moet jy nie skroom om ’n radikaal nuwe benadering te beproef nie. Jy kan die vennootskap met ’n paar fyn, strategiese verstellings in ’n positiewe nuwe rigting stuur.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Verbonde Watersdraers: Probeer ’n balans handhaaf tussen toegewyde kameraadskap en verkwikkende onafhanklikheid. Moeg vir alleen wees? Soek ’n avontuurlustige beminde wat ook ’n pel is.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die maan beweeg deur jou alleenweessone; probeer vandag ’n bietjie rus en vrede kry. Verwyl tyd op ’n spesiale plek waar jy oor jou toekoms kan nadink en na binne kan kyk.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.