JOU DAG

Dis ’n goeie dag om diep te delf en ’n lastige probleem op te los.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is die tyd om die balans tussen onafhanklik en deel wees van ’n vennootskap reg te kry. Enkellopendes – soek liefde by ’n amoreuse Ram of ’n avontuurlike Waterdraer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Om ’n skoorsoekerige Ram te wees, gaan jou vinnig nêrens bring nie. Dis tyd om af te koel en kalm te raak. As jy die fyn kuns van oortuiging bemeester, sal jy verbaas wees oor hoe ver dit jou sal bring.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Alle soorte verhoudings vind voordeel aangesien die planete ’n harmonieuse gees uitstraal. Dit is dus die perfekte tyd om jou moue op te rol en probleme by te lê met ’n vennoot, kind, ouer, vriend of kollega.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dit is tyd om dinge vandag gedoen te kry, Tweeling, terwyl die opmerksame Pluto jou help om diep na te dink en Mercurius jou help om dinge gelyktydig te doen. Moet dus nie die geleentheid verspeel om supergeorganiseerd en -produktief te wees nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Saturnus drentel deur jou verhoudingsone; dus moet jy met ’n geliefde oor ’n moeilike saak gesels. Speel oop kaarte terwyl jy aan ’n praktiese oplossing werk wat julle albei pas.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is, wil graag kreatiewe projekte, sportaktiwiteite of buitemuurse dinge aanpak. Hoe meer avontuurlik jy raak, hoe meer pret gaan jy hê. Dit gaan egter ’n tydjie duur voor jou geldsake verbeter.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat is die haas? Ander mense jaag, maar jy beskou dit as onnodig. Vandag is jy buitengewoon opmerksaam. ’n Stadige en bestendige tempo pas jou perfek terwyl jy behoorlik aandag aan belangrike details gee.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius koppel met die opmerksame Pluto, wat jou konsentrasie verhoog en jou oog vir verborge details verskerp. Dit is dus ’n goeie dag om te studeer, ’n geheim te ontrafel of iets wat weg was, op te spoor.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius beweeg nou vorentoe in jou verwagtings- en versugtingsone; dus moet jy proaktief wees wat die skepping van die toekoms van jou keuse betref. Spits jou energie toe op potensiële projekte wat jou Skerpioen-hart laat sing.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is vol vurige geesdrif, maar moenie halfgebakte afleidings maak nie, veral nie by die werk nie. Kyk eers na die feite. Impulsiewe optrede nou kan lei tot onvoorsien probleme later.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vermy dit om al jou eiers in een mandjie te pak. Beroepsukses is goed en wel, maar moenie dit bereik ten koste van jou gesonde geestestoestand nie! Ruim volop tyd in vir rus, ontspanning en sosiale aktiwiteite.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Streef daarna om vandag jou gevoelens met ekstra passie en persepsie uit te druk. Moet egter nie geldsake aanjaag nie! En moenie groot finansiële skuiwe maak voor jy die kat goed uit die boom gekyk het nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat verhoudings betref, moet jy nie net bolangs kyk nie. Dis tyd om diep en sinvol te raak. As jy op ’n opmerksame wyse met mense kommunikeer, sal bevredigende verhoudings volg.

© Joanne Madeline Moore