JOU DAG

Dis die ideale tyd om flieks te kyk of boeke te lees oor misdaad en onopgeloste raaisels.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is energiek, passievol, baie gedrewe en kry take afgehandel. Die volgende 12 maande is dit tyd om spaarsamig met jou geld, kreatief op professionele vlak en avontuurlik in romanses te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme moet aktief bly. Met Venus in jou welstandsone leer jy om die dinge in jou lewe wat goed is vir jou lief te hê – dinge soos voedsame maaltye en om tyd in die natuur deur te bring.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is lus om jou vandag in ’n mooi omgewing met vriende en familie te omring. Jy kan baie by jong kinders leer – soos om elke dag te vat soos dit kom.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou onbestendige aandagspan word getoets – veral by die werk – wanneer ’n projek vereis dat jy langer as 60 sekondes moet konsentreer. Jy sal die werk met vlyt en volharding kan voltooi.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis tyd om behoorlik pret te hê! Venus skep vandag goeie omstandighede vir alle soorte kommunikasie en jy sosialiseer in styl. Verwag goeie nuus op sosiale netwerke.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is in die bui om jouself te bederf, maar moenie die take by die huis in die proses afskeep nie. Indien wel, sal jou gesinslede jou gou-gou aan jou huishoudelike pligte herinner.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Is jy bekommerd dat as jy iets nuuts probeer dit sal misluk? Met die hulp van Venus sal ander jou planne ondersteun. Maar moenie te trots wees om raad en hulp te aanvaar nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy kan baie leer by jou buurteken, die Skerpioen – soos om nie so op die uiterlike te fokus nie. Kyk vandag wat onder die oppervlak aangaan om iemand se ware waarde te ontdek.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Venus en Pluto se ligging sorg vir diepe emosies, intense verbintenisse en hope passie. Maak seker jy bestee vandag kwaliteittyd met iemand spesiaals.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vat dinge stadiger, Boogskutter! Vandag se sterre moedig jou aan om uit die vinnige baan te tree sodat jy weer kan dink oor waarheen jy werklik op pad is. Is daar dalk opsies waaraan jy nie voorheen gedink het nie?

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie te veel op jou eie wees nie. As jy naby verhoudings koester en met kollegas netwerk, sal julle jul talente saam vir ’n kreatiewe projek kan inspan. Jy sal geduldig moet wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Het jy ’n probleem wat jou pla? Dit sal jou nêrens bring om jou daaroor te bekommer nie. Luister na jou wyse binnestem – jou intuïsie sal jou in die regte rigting lei.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met Saturnus in jou loopbaansone is dit tyd om hard te werk om die professionele toekoms te bereik wat jy wil hê. Jydink jy weet hoe ’n geliefde voel, maar jy is dalk heeltemal verkeerd.