JOU DAG 

Met nuwe maan moet jy take met hernude ywer aanpak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is ’n fantastiese tyd om ’n ondernemerswaagstuk van stapel te stuur. Jy gaan bevredigend vorder as jou benadering dinamies en diskreet is.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die nuwemaan beklemtoon jou tuistesone; dis tyd vir ’n splinternuwe hoofstuk wat die huis betref. Party Ramme gaan trek, ’n nuwe huismaat verwelkom of hul verhouding met ’n gespanne gesinslid vernuwe.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Nuwe gesigte in jou buurt wag om jou te ontmoet. Raak dus betrokke by jou plaaslike gemeenskap terwyl jy danksy jou talente op kreatiewe en praktiese maniere ’n bydrae lewer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die nuwemaan werp die lig op finansies. Jy moet so gou moontlik nog fiskale vaardighede ontwikkel as jou geldsake in ’n gemors is, en hopelik met die leiding van ’n ervare professionele mens.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Omdat die nuwemaan in jou teken is, is dit die beste tyd van die jaar om jou voorkoms te verfris, jou klerekas te vernuwe, weer oor jou menings te dink, ’n persoonlike projek van stapel te stuur of ’n wankelrige verhouding te herstel.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Raak rustiger en besin oor jou lewe en waarheen jy op pad is noudat die nuwemaan sielsake belig. Aktiwiteite soos musiek, meditasie, joga en tai chi word bevoordeel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy moet jou doelwitte herformuleer, want die nuwemaan aktiveer jou drome-en-verwagtingsone. Wees voortdurende frustrasies met ’n gesinslid te wagte.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is slim en behendig, maar het jy genoeg selfvertroue vir grootskaalse sukses? Die Nuwemaan storm deur jou loopbaansone, maar jy sal nie vorder as jy tyd mors met bekommernis en uitstel nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan gee jou breinkrag en weetgierigheid ’n hupstoot; lees, doen navorsing of bestudeer iets nuuts. Dis ook ’n goeie idee om jou volgende sakereis, hemelse vakansie of naweekwegbreek te beplan.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Nuwe begin is in die vooruitsig. Dit behels buitmakery en begeerte terwyl die nuwemaan jou geldsake-en-intimiteitsone aktiveer. Dis ook ’n fantastiese tyd om ’n onderwerp na te vors wat jou nog altyd geboei het.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die nuwemaan stimuleer die Steenbok se verhoudingsone. Stook ’n bietjie die vuur as jy in ’n verhouding is. Enkellopendes moet die eerste skuif maak as hulle iemand in die oog het.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Raak kreatief! Verveling is vandag taboe terwyl jy ongewone mense, plekke en aktiwiteite uitsoek. Jy gaan opwinding en nuwerwetse idees bo jou gewone roetine verkies.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Romanse is in die lug. Vind maniere om jou verhouding woema te gee. Enkellopendes moenie rondsit en wag dat die liefde in jou skoot val nie; wees proaktief.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017