Dit is wat die sterre vandag vir jou voorspel, deur Joanne Moore.

JOU DAG

Kanaliseer jou energie in ’n kreatiewe of geestelike rigting.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie jou persoonlike lewe afskeep in jou soeke na loopbaansukses nie. Oktober is die beste maand om ’n romanse te begin, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is ’n gelukkige dag om aan sport deel te neem, kreatiewe idees saam te stel, saam met vriende te kuier of ’n geliefkoosde stokperdjie na te jaag. Weerstaan net die drang om ’n baasspelerige, bruuske of weerbarstige Ram te wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die son storm jou huishoudelike sone binne; dus kan jy gemotiveer voel om ’n groot selfdoenprojek aan te pak. Weerstaan wel die drang om tuis super-hardkoppig te wees. Neem jou huismaats se standpunte in ag.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy ’n probleem het met ’n intieme verhouding, streef daarna om geduldiger te wees, want dan sal jy werklik vordering maak. Is jy siek en sat van alleenlopend wees? Daar kan liefde te vinde wees by die buurseun of -dogter.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Baie Krewe wil graag belangrike veranderings self aanvoor: persoonlik, professioneel of finansieel. Maak net doodseker jy sluit ander in by die beplanning en neem hulle dan saam op die rit.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Het jy ’n klomp werk agter die skerms gedoen, maar geen terugvoer gekry nie? Koel af, Kat! Die son is besig om in jou teken in te skuif; dus sal ander mense binnekort begin om jou pogings te waardeer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jou misterieuse en baie privaat Maagd-geaardheid word vandag beklemtoon. Maak dus seker jy kom in aanraking met familie en intieme vriende wat jou besonderse manewales en behoefte aan privaatheid verstaan.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Is jy ’n eensame Weegskaal wat liefde soek? Stel ’n lysie op van al die praktiese eienskappe wat jy in ’n maat soek en stuur dan jou wense uit na die Heelal deur middel van die krag van kreatiewe visualisering.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die son, Mercurius en Venus besoek almal jou loopbaansone; dus is die drie sleutels tot sukses by die werk vir Skerpioene tans kreatiwiteit, kommunikasie en sakke vol sjarme.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters in ’n verhouding, dis tyd om ’n spesiale romantiese ete te reël sodat julle werklik met jul maat kan gesels. Enkellopendes, die liefde en reis hou opwindend en avontuurlik met mekaar verband.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy ander mense by ’n projek betrek, hoe aangenamer gaan dit moontlik wees. As jy praktiese en kreatiewe mense meng, gaan dit lei tot ’n bevredigende en suksesvolle resultaat.

WATERDRAER,, 21 Jan.-19 Feb.

Die tyd is nou geleë om die rigting uit te werk waarheen ’n huwelik, romantiese verhouding of intieme vriendskap op pad is. As jy nie seker is van die koers wat jy moet inslaan nie, laat jou intuïsie jou lei.

VISSE, 20 Feb-20 Mrt.

Die planete is besig om jou welsynsone te aktiveer; dus moet jy mooi oplet na jou gesondheid en fiksheid deur jou dieet en oefenroetine te hersien. Miskien is dit hoog tyd vir ’n klompie uitdagende, nuwe veranderings?