JOU DAG

Die sterre dui op ’n intense en emosiebelaaide dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dramaties en vol selfvertroue, maar jy kan ook roekeloos wees. 2016 is die jaar waarin jy sommige dinge in jou lewe privaat moet hou . . . jy hoef nie alles aan almal uit te lap nie!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die maan, in verbinding met Mars, maak jou avontuurlike sy wakker, maar ongelukkig ook jou selfsugtige streep. Ruim tyd in om werklik te luister na dit wat ander mense sê, veral by die werk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Is iemand besig om jou om te krap deur ou koeie uit die sloot te grawe? Vermy ’n praatsieke geskinder en moenie toelaat dat jaloesie die oorhand kry nie. As iets jou hinder, praat onmiddellik daaroor.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Verveelde Tweeling voorspel moeilikheid! Beproef dus nuwe aktiwiteite, gaan op reis, soek avontuur of vors iets na wat jou nog altyd geboei het. Lees en navorsing is veral goeie raad.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verhoudings lyk intens, want ’n geliefde wil jou laat skuldig voel. Moenie jou kop in die sand steek nie, Kreef; as daar probleme is met jou verhouding, moet jy dit uitpraat en dinge uitklaar.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die sterre is gunstig vir die gesin en kreatiewe projekte, maar jy moet die versoeking weerstaan om behep te raak met klein dingetjies. Skuif kleinsielige bekommernisse – en besitlike jaloesie – opsy en geniet die dag.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Let mooi op na hoe jy vandag met vriende en kinders kommunikeer, anders gaan jou goedbedoelde voorstelle beskou word as kwetsende kritiek. Dink dus twee keer voor jy raad gee.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dinge gaan in ’n warboel wees – veral by die werk – want die maan aktiveer jou loopbaansone. Bedaar, Weegskaal! Die dag sal beter verloop as jy die bul by die horings pak en nie bloot op ander se optrede reageer nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Het jy so behep geraak met iets – of iemand – dat jy perspektief verloor het? Kompulsiewe denke is vandag gevaarlik, want jy kan sake uit verband ruk.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-23 Des.

As ander mense intens en buierig is, kan hulle op die sonnige Boogskutter reken om ’n grap te maak of ’n snaakse storie te vertel. Vandag is een van daardie dae. Tog gaan sommige gesinslede nie dink dis snaaks nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Gesinsverhoudings gaan vandag ’n uitdaging wees, aangesien sommige familielede magspeletjies speel of mekaar verkwalik. Hou jou lyf dus skaars en konsentreer op jou eie projekte.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As ander mense jou wil manipuleer of sterk op jou afkom, is jy eenvoudig nie in die bui om te reageer nie. Jy moet mense dit aan die verstand bring dat jou privaat lewe op die oomblik juis dit is – privaat.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Alles is vandag baie intens, maar wat jy veral nie wil hê nie, is drama in verhoudings. Jy sal net hoor wat jy wil en doen wat jy wil terwyl jy na jou eie droomwêreld ontsnap.