JOU DAG

Vandag se sterre is ideaal om oor allerlei sake diep na te dink.

AS JY VANDAG VERJAAR

Aangesien jy so georganiseerd en plat op die aarde is, is jy geneig om die lewe – en jouself – baie ernstig op te neem. Die tweede helfte van die jaar is die ideale tyd vir ’n bietjie pret.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met Venus en Uranus wat deur jou teken flankeer, is dit nou die perfekte tyd om die wêreld aan die brand te flirt of om ’n paar ou gunsies op te eis. Verbaas intussen die siniese mense en verblind die twyfelaars met jou Ram-sjarme.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Mercurius, die opvoedingsplaneet, beweeg deur jou teken. Jou motto vir vandag kom dus van die akteur Jack Nicholson, wat vandag verjaar: “Ek glo jy sterf die oomblik dat jy ophou leer.”

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Hoe goed ken jy jou kollega regtig? Miskien is dit nou tyd om jou rooskleurige bril af te haal en die werklike mens raak te sien – gebreke en al. Verwag vandag vlugtige en dramatiese drome.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As dinge vandag te heftig raak, kry ’n stil plekkie waar jy op jou eie kan opkrul met jou gunstelingmusiek of ’n goeie boek. Jy kort tyd om na te dink, te herlaai en weer te fokus.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Het jy die afgelope tyd ’n frustrerende probleem gehad met ’n kind, tiener of intieme vriend? Jy sal in die verlede moet delf en dinge weer moet oopvlek om uit te vind wat regtig aangaan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die son en Mercurius moedig jou aan om meer energie af te staan aan jou soeke na jou drome. Geen geaarsel nie, Maagd! Dis nou tyd om ambisieuse doelwitte te stel – en dit dan met passie en doelgerigtheid na te jaag.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

’n Probleem met ’n familielid, vriend of buurman kort ’n ernstige en gedissiplineerde benadering. Die saak gaan nie wonderbaarlik verdwyn nie; jy sal hard moet werk om ’n blywende oplossing te kry.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Vandag sal jy heel tuis voel terwyl die Maan deur jou teken beweeg. Dit is dus die ideale tyd om ’n diep emosionele band te vertroetel met iemand wat jou na aan die hart lê.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is vandag gretig om geliefdes te help, maar maak seker ander verlang wel jou hulp en dat jy nie bloot inbars en oorneem nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As dit kom by ’n vurige verhouding met ’n uitbundige familielid, moenie aanhou inmeng en op dieselfde ou trant sake bly aanroer nie. ’n Kreatiewe en proaktiewe benadering sal vrugte afwerp.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Avontuurlustige Waterdraers, dis tyd om te ontsnap uit jul gewone roetine en iets opwindends en anders te doen. Anders gaan julle net rusteloos, roekeloos en vreeslik rebels voel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Met die son en Mercurius in jou kommunikasiesone is jy gretig om met ander te kommunikeer. Om saam met familie, vriende en bure te kuier is in die kollig terwyl jy die wêreld aan die brand gesels.