JOU DAG

Probeer vandag jou bes om ontwrigtings en ontsteltenisse stoer die hoof te bied.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n waaghalsige streep en is ’n opwindende persoon om tyd mee deur te bring. In die volgende 12 maande moet jy daarna mik om meer tyd by jou familie en vriende deur te bring.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Maak vas jou gordel, Ram – dit lyk of vandag ’n wilde rit gaan wees! Jy gaan opstaan teen alle beperkings wat op jou geplaas word. En ander mense kan op onvoorspelbare maniere op jou manewales reageer.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Vandag is ontwrigtings ’n sterk moontlikheid. En as jy aan die ontvangkant van ’n paar onbedoelde skerp woorde is, weerstaan die behoefte om terug te kap. Vergeet dit en gaan aan asof niks gebeur het nie.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Die son en Uranus roer jou spontane spandeersy aan. Maar het jy die geld om ’n kopieverkwisting te finansier? Indien nie, sal jy jou maar op ’n ander manier moet vermaak.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Jou fyn beplande dag kan op sy kop gedraai word, terwyl Uranus die hele spul verongeluk en ’n paar morsige verrassings in die pakkie gooi. Hoe meer aanpasbaar jy kan wees, hoe beter sal dinge raak.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Onvoorspelbaar en onredelik – dit is hoe jy vandag is, Leeu! Innerlike pligsbesef en uiterlike rusteloosheid beïnvloed jou. Moet dus nie belangrike besluite neem voor jy meer gerus voel nie.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Maagde voel baie dwarstrekkerig! As ander mense jou vra om iets te doen, gaan jy waarskynlik omdraai en net mooi die teenoorgestelde doen. Hopelik sal jy nie in die proses te veel mense ontstel nie.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

’n Werkskwessie, liefdesverhouding of familieverhouding gaan vandag baie onvoorspelbaar wees, Weegskaal. Die beste astrologiese raad is om maar net op die kantlyn te bly sit en wag vir dinge om self kalmer te raak.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Werk- of reisplanne lyk deurmekaar terwyl die son en Uranus onverwagte ontwrigtings na jou kant toe gooi. Hoe meer hardkoppig en onbuigbaar jy is, hoe moeiliker raak die dag – jy sal sien!

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Jy kan angstig raak oor ’n situasie met ’n kind, tiener, vriend of geliefde. Moet geen langtermynbesluite neem voor jy die situasie uit ’n meer objektiewe oogpunt kan beskou nie.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Moenie ongewone nuwe maniere van dinge doen afskryf of kritiseer nie, Steenbok. As jy uit jou groef klim in ’n spontane, nuwe een, kan jy dalk die oplossing vind vir ’n dreigende probleem.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 

Die kans is goed dat jy vandag soos ’n aap in ’n porseleinkas gaan wees terwyl die son en Uranus jou rebelse sy aanroer. As jy omstrede moet wees, maak seker dit is oor iets belangriks.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Geldsake lyk kompleks en onvoorspelbaar. Moet dus nie vandag groot finansiële besluite neem nie. Geldsake en vriende is ’n besonder morsige mengsel. Strewe liewer daarna om die twee uitmekaar te hou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017