JOU DAG

Vandag se sterre bevorder liefde, deernis en kreatiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om in die kollig te wees, maar moet probeer om balans tussen jou openbare en privaat lewe te kry. Maart en April is wonderlike maande vir liefde en romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

’n Doelwit of droom is op die ys, maar dis in orde. Dit gee jou ekstra tyd om oor sake te dink en jou planne aan te pas. Kyk na binne vir ekstra leiding en inspirasie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou hulp word dalk ingeroep om sake by die werk of huis te kalmeer of vurige humeure te laat afkoel. Hoe graag wil jy ’n gekoesterde droom laat realiseer?

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Vertrou jou instink as jy ’n belangrike geldelike, professionele of persoonlike besluit moet neem. Verstand en intuïsie is ’n kragtige kombinasie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Daar is een manier om vandag te beskryf – dis ingewikkeld. Die fokus is op kreatiwiteit, ontferming en geestelikheid, maar doen jou bes om van mag- en kopspeletjies weg te bly.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is vandag lus om te sê wat jy dink. Jy het ’n emosionele konneksie met ander en kuier en gesels. Moenie instorm en oorneem nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Voel jy gespanne omdat jy ’n belangrike besluit moet neem? Moenie net na jou logiese kant luister nie. As jy na jou intuïsie luister, sal dit jou in die regte rigting lei.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Bring jy jou kant tuis? Met Pluto in jou sone vir huissake sal jy baie probleme met geliefdes ondervind as jy nie huishoudelike pligte uitvoer nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met vandag se sterre het jy verhoogde frustrasievlakke en jy is ’n groter beheervraat as gewoonlik. Sake sal nie volgens jou wonderlike planne verloop nie. Probeer dit vat soos dit kom.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie oorhaastig met geldsake wees nie. Die sterre moedig jou aan om gefokus en deeglik te wees. As jy jou met familie en vriende omring, sal jy ’n heerlike dag hê.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Wees versigtig dat jou saaklike benadering nie as koel afsydigheid gesien word nie. Probeer om professioneel te wees, maar steeds jou persoonlike stempel af te druk.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers mors nie gewoonlik tyd deur by die negatiewe vas te haak nie, maar vandag is jy dalk bekommerd oor ’n verwarrende geldkwessie. As jy na jou intuïsie luister, sal jy weet wat om volgende te doen.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Positiewe liggings stimuleer jou kreatiewe en geestelike kant en help jou om na jou wyse binnestem te luister. Vir party Visse kry ’n projek wat uitgestel was die groen lig.