JOU DAG

Soek maniere om jou horisonne op interessante maniere te verbreed.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou opgewondenheid en spraaksaamheid lei daartoe dat dit voel asof jy ’n verskil kan maak. Fokus tot 9 September daarop om huishoudelike sake en familieaangeleenthede te verbeter.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit sal wys wees om voorraadopname te neem rakende waar jy jou bevind en waarheen jy op pad is. Jy kan goed vaar met ’n eiendomstransaksie of familieonderneming, maar hou al die feite en syfers byderhand.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hanteer ’n geliefde versigtig, anders gaan jy op ander mense se tone trap. ’n Verhouding met ’n familielid is bestem om te verbeter; fokus op alles wat julle gemeen het.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Is jy heeltyd bekommerd oor jou verhoudings? Om te hoop dit sal weggaan, sal jou nie ver bring nie. Saturnus waarsku jou om geduldig te wees en te volhard in jou soeke na praktiese oplossings vir probleme.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit is ’n goeie dag om ’n bietjie persoonlik te raak met ander deur te praat en te twiet en SMS’e en boodskappe te stuur. Mercurius beweeg agteruit; moet dus nie enigiets skryf wat verwarrend of omstrede kan wees nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Neptunus dwaal in jou begeertesone rond; die beste stimulant is immers romanse. Enkellopendes, vonke kan spat met ’n vryerige Waterdraer of ’n sensuele Boogskutter.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Intieme verhouding kan ietwat gespanne raak vandag, maar moenie bekommerd wees nie – dis ’n verbygaande fase. Fokus op ’n persoonlike projek wat die potensiaal het om goed te vaar.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dis tyd om praktiese take aan te pak terwyl die maan deur jou sake- en finansiële sone beweeg. Maak dubbel seker van alles aangesien chaos ten opsigte van kommunikasie en geldsake kan voorkom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met Mercurius wat steeds agteruit deur jou verhoudingsone beweeg, sal dit maklik wees om dit wat ander mense vandag sê, verkeerd te verstaan. Dink mooi voor jy reageer – of oorreageer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is jy volgende in die ry vir ’n nuwe werk, bevordering, bonus of verhoging? As jy ’n professionele voorsprong soek, maak seker jy wek ’n goeie indruk. Gebruik professionele netwerkvorming met suksesvolle kollegas.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Vriendskap word beproef; dink twee keer voor jy iets onvanpas sê. ’n Gekoesterde droom het die kans om waar te word. As jy volhard, sal sukses jou voorland wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Streef daarna om oopkop te wees, veral in ’n groepsituasie. Jy kan nie ander mense se denke beheer nie; moenie energie vermors deur dit te probeer doen nie. Verwyl tyd saam met ’n spesiale vriend wat jou gelukkig maak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan dalk vandag tydelik die pad byster raak omdat mense jou verbouereerd maak en situasies jou verwar. As jy jou intuïsie volg, sal dit jou op die regte spoor plaas.