JOU DAG

Intieme verhoudings gaan vandag intens wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Hoe beter georganiseerd jy is, hoe meer produktief en aangenaam gaan die komende jaar wees. Streef net daarna om sensitief te wees teenoor die gevoelens van geliefdes.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy gaan nie vandag besonder sosiaal ingestel wees nie. Takel dus individuele projekte en kom op die hoogte van persoonlike sake. Luister ook na dit wat jou intuïsie vir jou sê.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Pluto moedig jou aan om vandag na aan familie te kom en persoonlik te raak met hulle. Oppervlakkige interaksies word dus eenkant toe geskuif ter wille van diep en betekenisvolle verbindings met ander mense.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy gaan vandag geestelik en liggaamlik, rusteloos voel, dus moet jy poog om uit te kom en iewers heen te gaan. Doen dinge wat jou gedagtes en jou liggaam uitstrek terwyl jy nuwe idees, vars vriendskappe en onontdekte plekke ondersoek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Geen Kreef is nie vandag in die luim vir oppervlakkige ontmoetings nie. Pluto verdiep die verbindings tussen jou en jou geliefdes terwyl jy jou oopstel en intieme geheime met ’n spesiale persoon deel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is in die bui om aan ’n persoonlike projek te werk waaroor jy passievol is.

Moet net nie jou geliefdes in die proses afskeep nie. As jy dinge op ’n kreatiewe manier doen, sal jy vind daar is oorgenoeg tyd vir albei.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Maagde kan in ’n baie voorspelbare roetine verval. Die Waterdraer-son moedig jou aan om jou horisonne te verbreed en vars idees en alternatiewe standpunte te beproef – veral by die werk.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Het jy jouself afgeskeep? Die huidige sterre herinner jou daaraan om proaktief te wees ten opsigte van jou gesondheid en fiksheid terwyl jy jou liggaam vertroetel met heilsame kos en gereelde oefening.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus gee ’n hupstootjie aan romantiese voornemens en verhoudings by die werk. Boonop sal jy uitvind dat die dag ál meer lonend gaan verloop na gelang van hoe diep jy met familie, vriende en kollegas kommunikeer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy het ’n wegkomkans nodig van al die harde werk wat jy die laaste ruk gedoen het; dus moet jy tyd tuis inruim vir ’n bietjie rus en ontspanning. Sommige Boogskutters sal die rol van tuisgod of -godin aanneem en in ’n manjifieke styl onthaal.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit is ’n goeie dag om jou emosies te verstaan, asook die manier waarop hulle jou intieme verhoudings beïnvloed. Jy voel ook dat jy by die wortel van ’n ingewikkelde persoonlike probleem wil uitkom. Grawe diep, Steenbok.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verveel die stand van sake jou? Die son stimuleer jou rustelose sy. Dit is dus tyd dat jy jou in opwindende nuwe rigtings uitstrek – liggaamlik, verstandelik en geestelik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Intieme verhoudings en groepsaktiwiteite is vandag onder die loep aangesien Pluto emosionele bande versterk en verbindings verdiep. Dit is ook hoog tyd om passievol te raak oor ’n persoonlike projek.

© Joanne Madeline Moore