JOU DAG

Verstaan die behoefte om vandag fokus te verloor en jou aandag te laat aflei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou praktiese vermoëns en jou hardwerkendheid het jy die innerlike dryfkrag om sukses te behaal. Moenie dat jou sakegerigte benadering mense wegdryf wat ywerig is om jou te help nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Alles is nie soos dit voorkom nie. Wees dus ekstra versigtig met hoe jy inligting ontvang en uitdeel. Duidelike, versigtige kommunikasie gaan die deurslag gee.

BUL 21 Apr.-21 Mei

’n Deurmekaarspul oor geld is tans baie moontlik. Moet niks oorhaastig doen nie en moenie by ingewikkelde finansiële reëlings met ander mense ingesleep word nie. Probeer onafhankliker wees wat geld betref.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou werk- en familieverpligtinge kan tot konflik lei. Probeer om jou nie te veel te bekommer en daaroor te stres nie. Doen liewer jou bes om kwessies op ’n kalm en konstruktiewe manier op te los.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy vandag jou Kreef-knypers wys, gaan mense om jou met verwarring of frustrasie reageer. Benader uitdagende situasies liefs taktvol.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Saturnus en Neptunus neem vandag die wind uit jou seile, Leeu, en jy voel verbyster, teleurgestel of net baie gespanne. Moenie moed opgee nie! Wees liewer prakties, produktief en aanpasbaar.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy wil ’n praktiese rigting inslaan, maar is ’n kollega of geliefde op dieselfde bladsy? Maak dubbeld seker, Maagd, anders vind jy dalk julle beweeg in verskillende rigtings.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Moenie toelaat dat jou vlugtige verbeelding jou vandag onderkry nie – veral nie wat ’n romantiese verhouding, ’n gesondheidskwessie of ’n werkaangeleentheid betref nie. Probeer jou voete stewig op die aarde hou.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie te nougeset wees of inligting goedsmoeds aanvaar nie. Dinge is heelwat ingewikkelder as wat dit lyk en ’n tiener of vriend het dalk verskuilde agendas.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Om ingewikkelde kwessies te vermy, gaan hulle nie sommer net laat verdwyn nie. As jy die nodige navorsing doen en met duidelike bedoelings kommunikeer, sal jy deur die verwarring dring en ander mense op koers kry.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy voel dalk vandag onder druk en in vele rigtings getrek – tuis en by die werk – met teenstrydige eise wat jou ontstel. Dinge verander heeltyd, so hou jou program aanpasbaar.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy het ambisieuse doelwitte, maar vandag is nie die dag om hulle na te jaag nie omdat jy waarskynlik mismoedig en vol selfbetwyfeling gaan voel. Dit is ’n verbygaande fase, so moet dit nie te ernstig opneem nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

As jy die ure verby dagdroom, gaan jy net moeg en verward raak. Probeer liewer jou energie wy aan kreatiewe werkprojekte, geestelike sake en om ander te help.