JOU DAG

Jy het vandag goeie sterre om proaktief en produktief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het natuurlike sjarme wat ander moeilik sal kan weerstaan. In 2016 is dit nodig om nou en dan ander toe te laat om beheer te neem sodat jy meer tyd het om op individuele projekte te fokus.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dit kan dalk voel asof almal op jou tyd aanspraak maak. Weerstaan die druk om almal tevrede te stel. Jy het vandag heelwat hooi op jou vurk. Begin werk dus daaraan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is vandag lus om ernstige onderwerpe te bespreek en te ontleed. Probeer om grootmoedig eerder as jaloers en passievol eerdar as besitlik te wees wanneer dit by hartsake kom.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge weet dikwels oor ’n klompie onderwerpe iets. Maak seker jy het al die relevante inligting oor ’n saak wat ’n kind, tiener of vriend behels voor jy reageer.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan verwag dat kommunikasie met ’n gesinslid vandag gekompliseerd sal wees wanneer julle oor ’n ingewikkelde saak praat. Maak seker daar is nie ’n misverstand nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die fokus is vandag op romanse, navorsing en plaaslike gemeenskapsprojekte. Met Venus wat tot 9 Oktober in jou teken is, het jy die mag om ander te bekoor en oortuig.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Wees waaksaam wanneer jy met ander mense sake doen. Hulle sal dalk een ding sê, maar iets heeltemal anders bedoel. Moenie huiwer om doodseker te maak as jy twyfel nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Weegskale in ’n verhouding moet versigtig wees dat jy en jou maat nie in verskillende rigtings beweeg nie. Enkellopendes kan blywende liefde soek by ’n amoreuse Ram of avontuurlustige Waterdraer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Wees versigtig met jou geldsake – daar is dalk minder in jou beursie as wat jy dink. Saturnus moedig jou aan om meer geldgeletterd te word.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Wanneer die maan in die Tweelingteken is, bring dit jou kinderlike kant na vore, maar jy kan ook kinderagtig wees. Jy kan gerus pret hê, maar moenie jou verantwoordelikhede vergeet nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is ander mense koppig en onverdraagsaam? Is dit dalk die perfekte beskrywing van hoe jy tans is? Probeer om baie oorredend eerder as obsessief en beheren te wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Maak seker van dit wat ’n vriend, tiener of kind sê. Hulle vertel dalk doelbewus of onbedoeld nie die hele storie nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis in orde om ’n bietjie te dagdroom, maar moenie toelaat dat dit ’n gevaarlike dwaling word nie. Maak seker jou idees en verwagtings is in die werklikheid gegrond.