JOU DAG
Hoe meer georganiseerd jy is, hoe beter sal jy voel.


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is ’n vindingryke en aanpasbare mens. Vanjaar is die jaar om jou minder te bekommer en meer te ontspan terwyl jy die geselskap van familie en vriende geniet.


RAM 21 Mrt. – 20 Apr.
Dit is ’n goeie tyd om sleurtakies in en om die huis en by die werk aan te pak. Motivering is hoog, en as jy hard werk, gaan jy later tyd oorhê om iets te doen wat jy regtig geniet.


BUL 21 Apr. – 21 Mei
Moenie ’n onbetroubare vriend wees nie! Hoe meer jy vriendskappe vertroetel, hoe meer maats gaan jy maak en hoe meer betrokke gaan jy voel. Luister ook fyn na wat ’n kind of tiener te sê het.


TWEELING 22 Mei – 21 Jun.
Jou verbeeldingryke, intuïtiewe identiteit skyn tans helder terwyl Mercurius deur jou sielsone beweeg. Die tyd is dus net reg vir meditasie, nabetragting, skryf, verf of om ’n fantasieverhaal te lees.


KREEF 22 Jun. – 23 Jul.
Saturnus moedig jou aan om meer verantwoordelik met jou fisieke welsyn te werk te gaan. Mik dus daarna om jou liggaam met gesonde kos en gereelde oefening te voed. Gedissiplineerde pogings nou sal later vrugte afwerp.


LEEU 24 Jul. – 23 Aug.
Moenie aanneem dat jy al die antwoorde ken nie, Leeu. Hierdie naweek kan jy tot waardevolle insigte kom deur ’n ouer familielid of geloofwaardige mentor. Jy het ook pret terwyl jy iets leer by ’n langtermynvriend.


MAAGD 24 Aug. – 23 Sep.
Wat ’n verwarrende verhoudingskwessie betref, moenie op jou eie oor dinge sit en tob nie. Jy gaan die raad en insette van ander mense, ook jou familie, nodig hê as jy die beste besluite wil neem.


WEEGSKAAL 24 Sep. – 23 Okt.
Kreatiewe Weegskaal, jy beskik oor ’n vrugbare verbeelding. Benut dit vandag ten volle! Wat ’n huishoudelike kwessie betref, gaan daar baie meer aan met ’n lid van die gesin as wat wil voorkom.


SKERPIOEN 24 Okt. – 22 Nov.
As jy bekommernisse oor ’n finansiële saak het, maak seker dat jy al die regte blokkies aftik voor jy aan beweeg. Met die maan wat jou netwerksone besoek, sal intuïsie en meelewendheid jou ver bring.


BOOGSKUTTER 23 Nov. – 21 Des.
Nuwe ervarings en geleenthede gaan vir jou oop aan die werksfront. Hou dus jou oë oop en jou ore gespits. Dinge gaan nie behoorlik begin tensy jy die nodige moeite doen en daarmee volhou nie.


STEENBOK 22 Des. – 20 Jan.
Jy is vandag gretig om met ’n groot verskeidenheid mense te kommunikeer. Sommige Steenbokke sal mense uit hul verlede raakloop; ander sal met ’n spesiale oorsese vriend kontak maak.


WATERDRAER 21 Jan. – 19 Feb. 
Wat jou betrokkenheid met ’n groep, klub of organisasie betref, kan dit voel asof jy agteruit beweeg. As jy geduldig is, sal dinge geleidelik verbeter, maar dit gaan tyd verg.


VISSE 20 Feb. – 20 Mrt.
Dit is tyd om vars, nuwe maniere te kry om met mense om jou kontak te maak, hetsy tuis of in jou plaaslike gemeenskap. Maar bly geduldig, want daar gaan ’n paar frustrasies en haakplekke langs die pad voorkom.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017