JOU DAG

Vandag se sterre is besonder goed vir opleiding, sport, reis en avontuur.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dinamies, temperamenteel en hoogs emosioneel. Die volgende jaar is die tyd om meer gedissiplineerd en minder afkeurend teenoor ander te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Waar ’n nuwe romantiese, platoniese of sakeverhouding betrokke is, is dit ’n uitstekende dag om die eerste skuif te maak. Soos jou mede-Ram, Charlie Chaplin, gesê het: “Verbeelding beteken niks sonder optrede nie.”

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat werkskwessies en daaglikse roetine betref, moet jy nie huiwer en twyfel nie. Dit is ’n uitstekende tyd om dinge op ’n filosofiese manier goed te deurdink en dan op te tree.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou gedagtes word deur kreatiewe en skeppende idees oorheers. Dit is ’n uitstekende tyd om jou geestelike horisonne te verbreed, terwyl jy met familie en vriende van naby en ver kommunikeer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die Mars/Jupiter-verbinding help jou om ’n projek wat al maande lank in jou kop draai, aan die gang te kry. Moenie dit te veel oordink nie. Kry inspirasie by jou mede-Kreef, Meryl Streep: “Hou aan. Begin deur te begin.”

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Is jy dalk oorversigtig wat ’n romantiese verbintenis of ’n platoniese verhouding betref? Die Mars/Jupiter-verbinding moedig jou aan om ’n groot skuif te maak. Doen dit eerder vroeër as later.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Werk en finansies lyk gunstig met die Mars/Jupiter-verbinding wat ’n probleem wegvee of ’n wonderlike geleentheid in jou rigting stuur. Moenie tyd mors met bekommernisse nie. Geluk kom die dapperes toe.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy gaan dinamiese en proaktiewe mense na jou wêreld lok. Mars en Jupiter verhoog jou optimisme- en motiveringsvlakke. Daar is geen verskoning om vandag lui of ongeërg te wees nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat gesinsverhoudings betref is dit tyd om jou benadering te verander. Volop eer en uitbundige aanmoediging gaan jou verder bring as om te kritiseer – hoe konstruktief dit ook al is.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mars en Jupiter verhoog vandag jou motiveringsvlakke en jy sal take met meer energie en selfvertroue as gewoonlik kan aanpak. Moet dus nie huiwer om vooruit te gaan nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jou loopbaan kry ’n hupstoot van Mars en Jupiter. Die tyd is volmaak om aansoek te doen om ’n werk of verhoging. Invloedryke mense is gretig om te help. Al wat jy moet doen, is om genoeg moed bymekaar te skraap om te vra.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vandag is een van die positiefste dae van die jaar omdat Mars en Jupiter jou selfvertroue en motivering versterk. Ander sal aangetrokke voel tot jou verhoogde magnetisme, wat tot gelukkige geleenthede kan lei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou aktiewe verbeelding tel vandag in jou guns, terwyl dit jou help om ’n probleem op te los of die antwoord op ’n verbysterende geheim te kry. Kreatiwiteit en geestelike inspirasie lyk gunstig.

© Joanne Madeline Moore