Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se rustelose sterre is ten gunste van vryheid, onafhanklikheid en die ontdekking van nuwe dinge.

AS JY VANDAG VERJAAR

2016 sal baie nuwe uitdagings en verrassende ompaaie inhou, maar as jy realistiese doelwitte stel – en geduldig is – sal jy aangename vooruitgang maak.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Rustelose Ram, jy wil ’n opskudding veroorsaak omdat jou rebelse sy die oorhand kry. Jy gaan dit nie waardeer dat gesagsfigure jou aansê wat om te doen nie. Is dit wys om daardie houding in te neem?

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy kan baat vind by nuwe vriendskappe, groepsaktiwiteite en sosiale netwerke. Moenie in ’n groef verval nie. Verfris jou gewone benadering met ’n paar radikale, nuwe idees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge gaan vandag rusteloos voel. Soek iets nuuts en uitdagends om te doen, verkieslik saam met ’n groep. Moet ook nie om suiwer emosionele redes iets duurs koop nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verwag ’n wankelrige intieme verhouding, aangesien die planete jou nors sy oopkrap. Moet ook nie oor politiek en geloof praat nie. Wat as ’n aangename bespreking begin, kan in ’n vurige stryery ontaard.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie die krag van persoonlike aandag onderskat nie. As jy intieme vriendskappe vertroetel en kommunikasiekanale oophou, sal jy ontdek jy het meer opsies.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Wat ’n wankelrige verhouding betref, moet jy baie buigsamer en ongelooflik geduldig wees. Ondervind jy probleme op die romantiese terrein? Ware intimiteit is slegs moontlik as jy jou hart oopmaak.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Moenie vandag groot besluite neem wat werk- of familiesake betref nie. As jy oorhaastig is, kan dit op ’n huishoudelike drama of ’n professionele probleem uitloop.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Om vandag betrokke te raak in vrugtelose kragspeletjies is ’n resep vir moeilikheid. Pas eerder jou beheerbehepte neigings op persoonlike projekte toe terwyl jy jou intense energie na binne rig.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Geldsake lyk ingewikkeld, maar – mits jy geduldig is en jou neus uit ander se sake hou – sal geleidelik verbeter. Wat ook al gebeur, hou net aan met glimlag.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As jy aanhou doen wat jy doen, sal jy eenvoudig aanhou kry wat jy kry. Wat ’n versplinterde gesinsverhouding betref, moet jy nie huiwer om ’n heel nuwe benadering te toets nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Verbonde Waterdraers, streef daarna om die balans tussen snoesige saamwees en verkwikkende onafhanklikheid presies reg te kry. Siek en sat vir alleen wees? Soek ’n beminde wat ook ’n vriend/in is.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie toelaat dat vae twyfel jou vandag terneergedruk laat voel nie. Vier jou sterk punte en werk aan jou swakhede. As jy vandag uitreik en hulp aanbied, sal jy ook jouself help.