JOU DAG

Streef daarna om selfstandig te wees, aangesien Saturnus betoning van geneentheid dwarsboom.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is selfversekerd en invloedryk, dus hou jy van nuwe uitdagings aanpak. Oktober en November is die beste maande vir romanse, liefde, partytjies, huweliksaansoeke en troues.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Rumoerige Ramme kom soms te sterk na vore en skrik ander mense af. Dit is jou passie om verandering teweeg te bring – veral by die skool of by die werk – maar probeer om mense op subtieler maniere te oorreed.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy kan ongelooflik onbuigsaam wees wat opinies en ingesteldheid betref, en dit kan ander mense onkant vang. Weerstaan die versoeking om, soos die dag vorder, viervoet vas te steek en ’n superhardkoppige Bul te wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar is nog baie wat in en om die huis gedoen moet word, so spring aan die werk. As dinge stram was met ’n gesinslid, is nou die aangewese tyd om ’n paar ernstige toegewings te maak en ekstra geduldig te wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Versmoor die samestelling van jou daaglikse lewe jou persoonlike ontwikkeling? Verbreek verouderde denkwyses en vind vars maniere om te kommunikeer. Jy is nooit te oud om iets nuuts te leer nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie agteroor buig om ander mense te beïndruk nie; wees net jouself. Soos Coco Chanel, wat op 19 Augustus gebore is, verklaar het: “Hoe baie sorge verloor ’n mens net nie wanneer jy besluit om nie iets nie, maar liewer iemand, te wees.”

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

As jy vandag gemotiveerd en gedissiplineerd is, sal jy deur jou doenlysie stoom en steeds hope tyd oorhê vir ’n sportsoort, stokperdjie of persoonlike projek wat jou hart laat sing.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Die planete stimuleer jou humanitêre sone, dus is dit tyd dat jy die mense om jou help. Put inspirasie uit die woorde van Bill Clinton, wat ook op 19 Augustus gebore is: “Ons kan nie ons eie toekoms bou sonder om ander mense te help om hulle s’n te bou nie.”

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Probeer om nie te oorreageer en te emosioneel te raak as jy met ’n kind, tiener of vriend/in probleme ondervind nie. Die verstandige oplossing is om te gaan sit en deur die kwessies te werk.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie ’n oppervlakkige, vinnige oplossing soek as jy ’n persoonlike of gesinsprobleem het nie. Delf diep sodat jy ’n bevredigende oplossing kan vind, en besef jy kan nie almal gelukkig maak nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie te saaklik optree teenoor ander mense nie, want dit kan hulle ontstel. Probeer professionaliteit met ’n tikkie persoonlike aanslag te balanseer. Die sleutel is om te luister na wat ander mense eintlik sê.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Indien jy geldprobleme het, moet jy aan kreatiewe nuwe maniere te dink om jou kontantvloei te verbeter. Vind sommer ook ’n eendersdenkende vriend/in of kollega met wie jy kan saamwerk.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dit gaan ’n lang, deurmekaar dag wees as jy die grens tussen feit en fiksie laat vervaag. Die verstandige Saturnus por jou aan om jou voete so bes moontlik plat op die aarde te hou.