Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Mercurius, die planeet vir kommunikasie, beweeg agteruit tot 9 Oktober.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan die jaar wat voorlê meer sosiaal wees terwyl jy daaraan werk om jou vriendskappe in jou plaaslike gemeenskap te versterk.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy kan verwag dat daar ’n oorvloed gesprekke sal wees omdat Mercurius tot 9 Oktober agteruit deur jou verhoudingsone beweeg. Maak seker jy kies jou woorde wys, anders sal jy geliefdes ontstel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Mercurius wat nou agteruit beweeg, moet jy dit vermy om voor 9 Oktober kontrakte te onderteken en groot items, soos ’n rekenaar of kar, te koop. Laat kyk so gou moontlik na enige gesondheidsprobleme.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Mecurius op sy agteruittog bring verwarrende kommunikasie mee – veral met vriende. Jy sal steeds jou boodskap aan geliefdes reg kan oordra as jy dit duidelik en saaklik doen.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Weer voorbereid op huishoudelike dramas en gesinsfiasko’s terwyl Mercurius drie weke agteruit deur jou huissone beweeg. Probeer om nie kontroversiële onderwerpe te opper nie tot dit die gepaste tyd daarvoor is.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius beweeg agteruit deur jou netwerksone – lees dus alle boodskappe, twiets en e-posse twee keer voor jy dit stuur. Jy kan baie maklik die verkeerde boodskap aan die verkeerde persoon stuur!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mercurius beweeg agteruit deur jou geldsone en dus moet jy ernstig oor jou geldsituasie raak. As jy nie al die feite en syfers verstaan nie, moet jy iemand vind wat dit wel verstaan.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met Mercurius wat agteruit deur jou teken beweeg, sal sake nie volgens plan verloop nie. Improvisasie en geduld sal tussen nou en 9 Oktober nodig wees, wanneer Mercurius weer vorentoe sal beweeg.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die Skerpioen kan baie koppig wees, maar dis nodig dat jy buigsaam is, want ander sal irrasioneel en onvoorspelbaar optree. Probeer om die kommunikasiekanale oop te hou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Verhouding met ’n vriend of kennis kan deur ’n moeilike tyd gaan met Mercurius wat kommunikasie deurmekaarkrap en sensitiwiteit aanwakker. Diplomasie sal jou help om daardeur te kom.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Probeer om veranderinge by die werk te maak wat jou meer vryheid toelaat om jou kreatiwiteit uit te druk. Maar wees versigtig vir ’n kollega of kennis wat gefrustreerd voel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die volgende drie weke moet jy inligting versigtig oordra, want Mercurius beweeg agteruit. As jy vaag is, sal mense jou nie reg verstaan nie. Dis wys om ’n versigtige benadering te volg.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

As jy kan, vermy die ondertekening van kontrakte tussen nou en 9 Oktober, want Mercurius beweeg agteruit deur jou sone vir gesamentlike geldsake en “geld-van-ander”-sone. Wees geduldig en wag.