JOU DAG

Pasop, vandag is daar ’n hoë waarskynlikheid van misverstande.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is intuïtief en emosioneel, maar kan ook baie behoeftig raak. 2017 is die jaar om minder tyd aan bekommernisse te bestee en meer aan die ontwikkeling van jou geestelike sy.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr.

Bly op jou tone, Ram, want die dag verloop ietwat chaoties. As jy buigbaar is en aanpas by veranderende omstandighede, kan jy enige verwarring of ontwrigting op jou pad die hoof bied!

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Jy moet vandag die selfvertroue hê om uit jou hart te praat en te sê wat jy regtig dink, Bul. Ander mense gaan dalk nie saamstem met jou kommentaar nie, maar hulle sal jou respekteer vir jou openlikheid en eerlikheid.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Verhoudings gaan vandag ietwat verwarrend wees omdat kollegas of geliefdes jou optrede as selfsug kan beskou. As jy ’n slim Tweeling is, sal jy toegewing bo konfrontasie kies.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Hou vandag jou Kreef-energie in toom – veral by die werk. Iemand kan jou toekomsplanne bevraagteken. Dit is dus tyd om jouself af te vra: “Is ek vol groot drome, maar met te min praktiese besonderhede?”

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Jy kan ’n vermaaklike rit verwag met wisselende emosies. Kry jy verwarrende, gemengde boodskappe van ’n vennoot, vriend of kollega? Moenie te hard wees met sulke mense nie. Hulle het baie hooi op hul vurk.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Dit is nie kenmerkend van jou om die eerste ding uit te blaker waaraan jy kan dink nie. As jy dit doen, gaan kommunikasie met ander mense ingewikkeld en verwarrend raak. Plaas dus ’n wag voor jou mond en wag op die regte oomblik!

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Jupiter is in jou teken, dus kom jou selfvertroue en natuurlike styl na vore. Kry inspirasie by die Weegskaal-skrywer Gore Vidal: “Styl is om te weet wie jy is en waarvoor jy staan, en nie ’n flenter om te gee nie.”

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Jou daaglikse roetine gaan vandag deurmekaargekrap word, Skerpioen. Geldsake kan ook verwarrend raak, veral as geldsake met vriende verband hou. Probeer dus om dié twee uitmekaar te hou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Die geselserige Mercurius beweeg tot 2 Desember deur jou teken. Jy kommunikeer dus tans op jou Boogskutter-beste. Onderdruk net die neiging om te veel te praat en te min te luister.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Is jy vies omdat jy so baie werk agter die skerms doen en dat niemand dit blykbaar raaksien nie? Koel af, Steenbok! Jou pogings sal ten einde laaste erken en waardeer word.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Mercurius is in jou sone vir sosiale netwerke, wat beteken dat ander mense orent sit en kennis neem van dit wat jy plaas. Maak dus seker dat jy duidelik kommunikeer en geen ruimte laat vir verwarring nie.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

As jy ’n finansiële voorsprong wil kry, mik daarna om ’n kreatiewe benadering met ’n proaktiewe strategie te kombineer. ’n Gesprek kan vandag verwarrend raak, dus moet jy terugstaan en eers van die kantlyn af waarneem.

© Joanne Madeline Moore